Montenegro

Montenegro
Црна Гора
Crna Gora (Montenegryns)
Vlag van Montenegro Wapen van Montenegro
Vlag Wapen
Volkslied: Ој, свијетла мајска зоро
(tr.: Oj, svijetla majska zoro)
(Montenegryns vir: "O, jy helder dagbreek in Mei")
Ligging van Montenegro
Hoofstad Podgoricaa

42°47′N 19°28′O / 42.783°N 19.467°O / 42.783; 19.467

Grootste stad Podgorica
Amptelike tale Montenegryns (nasionaal en amptelik)[1]
Serwies, Bosnies, Albanees en Kroaties (in amptelike gebruik)[2]
Regering Unitêre parlementêre
grondwetlike republiek
Jakov Milatović
Milojko Spajić
Onafhanklikheid
Vorming
• Prinsdom Duklja
• Koninkryk Duklja
• Prinsdom Zeta
• Prinsbisdom Montenegro
• Prinsdom verkondig
• Onafhanklikheid erken
• Koninkryk verkondig
• Vereniging met Serwië
• Sosialistiese republiek
• Staatsunie met Serwië
• Onafhanklikheid herstel


625
1077
1356
1516
1852
1878
1910
1918
1945
1992
2006
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
13 812 km2  (156ste)
5 333 myl2
2,6
Bevolking
 - 2023-skatting
 - 2011-sensus
 - Digtheid
 
602 445[3] (169ste)
620 029[4]
43,6 / km2 (133ste)
112,9 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2023-skatting

$17,431 miljard[5] (149ste)
$28 002[5] (63ste)

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2023-skatting

$7,058 miljard[5] (153ste)
$11 339[5] (73ste)

MOI (2021) 0,832[6] (49ste)  –  hoog
Gini (2018) 36,8[7](136ste) –  medium
Geldeenheid Euro (€)b (EUR)
Tydsone
 - Somertyd
MET (UTC+1)
MEST (UTC+2)
Internet-TLD .me
Skakelkode +382
a. Die grondwet verwys na Cetinje as die ou koninklike hoofstad (Prijestonica / Приjестоница) van Montenegro.[8]
b. Eensydig aangeneem; Montenegro is nie 'n amptelike lid van die Eurosone nie.

Montenegro (Montenegryns, Bosnies, Serwies, Kroaties: Crna Gora / Црна Гора, uitgespreek: [t͡sr̩̂ːnaː ɡɔ̌ra], , letterlik: "Swart Berg"; Albanees: Mali i Zi) is 'n land geleë in Suidoos-Europa en op die Balkanskiereiland. Dit het 'n kus aan die Adriatiese See in die suide en begrens Kroasië in die weste, Bosnië en Herzegowina in die noordweste, Serwië in die noordooste en Albanië in die suidooste. Die hoofstad en grootste is Podgorica en Cetinje word in die grondwet as ou koninklike hoofstad (Prijestonica / Приjестоница) erken. Dit is 'n voormalige deelrepubliek van Joego-Slawië.

Nasa-Satellietbeeld van Montenegro
Kaart van Montenegro

Nadat dit van die laat Middeleeue tot 1918 onafhanklik was, word die land later deel van die verskeie weergawes van Joego-Slawië en die staat-unie van Serwië en Montenegro. Op grond van die uitslag van 'n referendum gehou op 21 Mei 2006 verklaar Montenegro op 3 Junie 2006 sy onafhanklikheid. Op 28 Junie 2006 word Montenegro die 192ste lidland van die Verenigde Nasies.[9] Op 5 Junie 2017 het Montenegro die 29ste lidland van NAVO geword.[10] Montenegro is een van die Balkan-kandidaatlande vir aansluiting by die Europese Unie.[11]

  1. (en) "Language and alphabet Article 13". Grondwet van Montenegro. WIPO. 19 Oktober 2007. Besoek op 2 Desember 2020. The official language in Montenegro shall be Montenegrin. Cyrillic and Latin alphabet shall be equal.
  2. (en) "Language and alphabet Article 13". WIPO. 19 Oktober 2007. Besoek op 2 Desember 2020. Serbian, Bosnian, Albanian and Croatian shall also be in the official use.
  3. (en) "Statistical Office of Montenegro – MONSTAT". Montenegro Statistiek.
  4. (sr) "Stanovništvo Crne Gore prema polu, tipu naselja, nacionalnoj, odnosno etničkoj pripadnosti, vjeroispovijesti i maternjem jeziku po opštinama u Crnoj Gori" (PDF). Statistieke Kantoor van Montenegro. Besoek op 2 November 2023.
  5. 5,0 5,1 5,2 5,3 (en) "Montenegro". Internasionale Monetêre Fonds. Oktober 2023. Besoek op 2 November 2023.
  6. (en) "Human Development Report 2021/2022" (PDF). United Nations Development Programme. 2021. Besoek op 2 November 2023.
  7. (en) "Gini Index – Montenegro". Wêreldbank. Besoek op 2 November 2023.
  8. (en) "Capital and Old Royal Capital 5". Grondwet van Montenegro. WIPO. 19 Oktober 2007. Besoek op 2 November 2023. The capital of Montenegro shall be Podgorica, The Old Royal Capital of Montenegro shall be Cetinje.
  9. (en) "Member States". Besoek op 2 November 2023.
  10. (en) "Montenegro to Join NATO on June 5". The Wall Street Journal. 25 Mei 2017. Besoek op 2 November 2023.
  11. (de) "EU bekräftigt Perspektive für Westbalkan-Staaten". Frankfurter Rundschau. 17 Mei 2018. Besoek op 2 November 2023.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne