Mosambiek

Republiek Mosambiek
República de Moçambique (Portugees)
Vlag van Mosambiek Wapen van Mosambiek
Vlag Wapen
Volkslied: Pátria Amada
(Portugees vir: "Geliefde vaderland")
Ligging van Mosambiek
Hoofstad Maputo

25°57′S 32°35′O / 25.950°S 32.583°O / -25.950; 32.583

Grootste stad Maputo
Amptelike tale Portugees
Regering Unitêre presidensiële
grondwetlike republiek
Filipe Nyusi
Adriano Maleiane
Onafhanklikheid
• van Portugal
• Huidige grondwet

25 Junie 1975
21 Desember 2004
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
801 590 km2  (35ste)
309 500 myl2
2,2
Bevolking
 - 2020-skatting
 - 2017-sensus
 - Digtheid
 
30 066 648[1] (48ste)
27 909 798
28,7 / km2 (178ste)
74,3 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2022-skatting

$46,569 miljard[2]
$1 407[2]

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2022-skatting

$16,759 miljard[2]
$506[2]

MOI (2019) 0,456[3] (181ste)  –  laag
Gini (2014) 54[4] –  hoog
Geldeenheid Metical (MZN)
Tydsone
 - Somertyd
SAT (UTC+2)
nie toegepas nie (UTC+2)
Internet-TLD .mz
Skakelkode +258

Die Republiek Mosambiek is 'n land in Suider-Afrika, wat grens aan Suid-Afrika, Eswatini, Tanzanië, Malawi, Zambië en Zimbabwe. Die Comore-eilande is geleë langs die noordoostelike kus en Madagaskar oorkant die Mosambiekkanaal. Mosambiek is 'n lid van die Gemeenskap van Portugese Lande (CPLP), die Statebond en die Afrika-Unie.

Soos ander voormalige Portugese kolonies in Afrika het ook Mosambiek sy ontstaan as geografiese en politieke entiteit aan Portugese pogings te danke om 'n seeroete rondom die vasteland van Afrika na die rykdomme van Asië te vind en te beskerm. Hiervoor het Vasco da Gama en sy opvolgers forte in Beira (Sofala), Quelimane en op Mosambiekeiland opgerig. Met die Nederlandse verowering van Portugees-Asië in die 17de eeu het die klem in Portugal se ekonomiese en strategiese belange verskuif na die slawehandel tussen Wes-Afrika en die Amerikas, terwyl nedersettings in Mosambiek in verval begin raak het. Die land het sodoende die verwoestings, wat deur die slawehandel in ander dele van Afrika gesaai is, grotendeels gespaar gebly. Ook was dit 'n toevlugsoord in tye van oorlog. So is Mosambiek nie op dieselfde skaal ontvolk soos byvoorbeeld Angola nie.[5]

In die najaar van 2011 het die ontdekking in Cabo Delgado-provinsie van aardgasreserwes, wat blykbaar so groot is soos dié van Katar, tot 'n herwaardering van Mosambiek se ekonomiese potensiaal gelei. Die land kan dalk 'n groot uitvoerder van aardgas op die wêreldmark word. In die middel 2017 het 'n Islamitiese militante insurgensie in Cabo Delgado begin wat, soos gevrees word, tot onstabiliteit in Noord-Mosambiek kan lei.[6]

  1. (pt) "Projecções da População — Instituto Nacional de Estatistica". www.ine.gov.mz. Argiveer op 7 Maart 2020. Besoek op 18 April 2020.
  2. 2,0 2,1 2,2 2,3 (en) "Mozambique". Internasionale Monetêre Fonds. Oktober 2021. Besoek op 15 Maart 2022.
  3. (en) "Human Development Report 2020" (PDF). United Nations Development Programme. 2020. Besoek op 15 Maart 2022.
  4. (en) "Gini Index". Wêreldbank. Besoek op 15 Maart 2022.
  5. Dr Bernard Stonehouse (red.): Philips' Illustrated Atlas of the World. London: Guild Publishing 1985, bl. 167
  6. (en) "Mozambique: Islamist Raids Continuing in Mocimboa Da Praia". AllAfrica.com. 5 Desember 2017. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Desember 2017. Besoek op 27 Desember 2017.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne