Mpumalanga

Hierdie artikel handel oor 'n provinsie in Suid-Afrika. Vir die dorp in KwaZulu-Natal, sien Mpumalanga, KwaZulu-Natal.
Mpumalanga

Vlag

Wapen
Oppervlak 76 495 vk km[1]
Bevolking (2011)[2] 4 039 939
Bevolking (2017 skat) 4 440 000
Bevolkingsdigtheid 53 / vk km
Tale[2] Swazi (27,7%), Zoeloe (24,1%), Tsonga (10,4%), Suid-Ndebele (10,1%), Noord-Sotho (9,3%), Afrikaans (7,2%)
Etniese verdeling[2] Swart mense (90,7%), Wit mense (7,5%),
Bruin mense (0,9%),
Asiërs (0,7%)[3]
Hoofstad Nelspruit (Mbombela)
Premier Refilwe Mtsweni-Tsipane (ANC)

Mpumalanga is een van die nege provinsies van Suid-Afrika. Die hoofstad is Nelspruit (sedert 2009 ook bekend as Mbombela). Mpumalanga, wat "die plek waar die son opkom" beteken, was vroeër bekend as Oos-Transvaal. Behalwe dat dié provinsie uit 'n deel van die ou provinsie Transvaal gekerf is, is dit ook saamgestel uit dele van vier gewese Bantoestans (tuislande): KaNgwane, KwaNdebele, Gazankulu en Lebowa.

  1. Stats in Brief, 2010 (PDF). Pretoria: Statistics South Africa. 2010. p. 3. ISBN 978-0-621-39563-1.
  2. 2,0 2,1 2,2 statssa.gov.za Geargiveer 25 Desember 2018 op Wayback Machine – 2011-sensus
  3. "Statistical release P0301: Community Survey, 2007 (Revised version)" (PDF). Statistics South Africa. p. 25. Besoek op 12 Februarie 2012.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne