Nasionale Raad van Provinsies


Suid-Afrikaanse politiek
Parlement van Suid-Afrika
Nasionale Vergadering
Nasionale Raad van Provinsies
President
Adjunkpresident
Ministers
Speaker van die Nasionale Vergadering
Opposisieleier
Politici
Politieke partye
Konstitusionele Hof
Hoogste Hof van Appèl
Hooggeregshof
Verkiesings
Kamer van die Nasionale Raad van Provinsies.
Setels in die Nasionale Raad van Provinsies na die 2019-verkiesing:
██ ANC permanente delegate ██ ANC spesiale delegate ██ DA permanente delegate ██ DA spesiale delegate ██ EFF permanente delegate ██ EFF spesiale delegate ██ ander party permanente delegate ██ ander party spesiale delegate

Die Nasionale Raad van Provinsies (NRVP) is die hoërhuis van die Parlement van Suid-Afrika. Die NRVP is in Kaapstad, die wetgewende hoofstad van Suid-Afrika gevestig.

In 1997 word die destydse hoërhuis van die Suid-Afrikaanse parlement, die Senaat, met die NRVP vervang. Alle senatore het met onmiddellike ingang lidmaatskap van die NRVP verkry.

Die NRVP se vergaderings word deur 'n voorsitter gelei. Die voorsitter tans is Amos Masondo van die ANC. Hy beklee die amp sedert 2019. Sy voorganger is Thandi Modise. Die adjunkvoorsitter van die NRVP is Sylvia Lucas. Cathlene Labuschagne van die Demokratiese Alliansie is die opposisieleier.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne