Nederlands

Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Nederlanders.
Nederlands  
Uitspraak: [ˈneːdərlɑnts]
Gepraat in: Nederland, België en Suriname, ook op Aruba, Curaçao en Sint Maarten, daarna vooral in die Verenigde State, Kanada, Frankryk, Duitsland, Australië, Nieu-Seeland, Indonesië en Suid-Afrika
Gebied: Wêreldwyd
Totale sprekers: 24 miljoen (moedertaal)[1][2]
29 miljoen (totaal)[3] 
Rang: 37–48
Taalfamilie: Indo-Europees
 Germaans
  Wes-Germaans
   Nederfrankies
    Nederlands 
Skrifstelsel: Latynse alfabet 
Amptelike status
Amptelike taal in: Benelux
Flag of Europe Europese Unie
Unie van Suid-Amerikaanse Nasies
Vlag van Aruba Aruba
Vlag van België België
Vlag van Curaçao Curaçao
Vlag van Nederland Nederland
Vlag van Sint Maarten Sint Maarten
Vlag van Suriname Suriname
Gereguleer deur: Nederlandse Taalunie
Taalkodes
ISO 639-1: nl
ISO 639-2: nld
ISO 639-3: nld 
Verspreiding van Nederlands in die wêreld

Nederlands ([ˈneːdərlɑnts] ) is 'n Wes-Germaanse taal wat deur meer as 24 miljoen moedertaalsprekers in die wêreld gepraat word. Die totale aantal sprekers word geskat op omtrent 29 miljoen. Behalwe dat Nederlands die amptelike taal van Nederland is, is dit ook 'n amptelike taal in België (amptelike taal van die Belgiese deelstaat Vlaandere en naas Frans is Nederlands ook een van die twee amptelike tale in die Brusselse Hoofstedelike deelstaat) en Suriname.

Nederlands is verder die amptelike taal van Aruba, Curaçao en Sint Maarten in Suid-Amerika en die Karibiese gebied. In samewerkingsorganisasies word die taal erken in die Benelux, die Europese Unie, die Karibiese Gemeenskap en die Unie van Suid-Amerikaanse Nasies. 'n Beraamde 95 persent van die Afrikaanse woordeskat is van Nederlandse oorsprong. Afrikaans het kenmerke van verskeie Nederlandse dialekte.

Die woord Nederlands word dikwels gebruik as sinoniem vir Standaardnederlands, wat deur die media gebruik en op skole onderrig word. Nederlands het egter ook 'n breëre betekenis en word ook gebruik vir die Nederfrankiese variasies uit die Lae Lande, en soms ook die Nederlandse Kreole en Afrikaans (ook beskou as 'n halfkreool).

  1. "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Dutch" (in Engels). Ethnologue. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Mei 2020. Besoek op 25 April 2016.
  2. "Nederlands, wereldtaal" (in Nederlands). Nederlandse Taalunie. 2010. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Oktober 2012. Besoek op 16 Januarie 2012.
  3. (en) Europese Kommissie (2006). "Special Eurobarometer 243: Europeans and their Languages (Survey)" (PDF). Europa. Besoek op 16 Januarie 2012. "1% of the EU population claims to speak Dutch well enough in order to have a conversation." (bladsy 153)

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne