Nieu-Engeland

Nieu-Engeland

Politieke geskiedenis
Geoktrooieer as Plymouthse Raad vir Nieu-Engeland 1620
Gevorm as die Verenigde Kolonies van Nieu-Engeland 1643
Gevorm as Dominium van Nieu-Engeland 1686
Toelating tot die VSA
 - Connecticut
 - Maine
 - Massachusetts
 - New Hampshire
 - Rhode Island
 - Vermont

 - 9 Januarie 1788 (5de)
 - 15 Maart 1820 (23ste)
 - 6 Februarie 1788 (6de)
 - 21 Junie 1788 (9de)
 - 29 Mei 1790 (13de)
 - 4 Maart 1791 (14de)
Statistieke gegewens
Grootste stad Boston
VSA-deelstate Connecticut, Maine, Massachusetts, New Hampshire, Rhode Island en Vermont
Oppervlak
 - Totaal

181 440 vk km
Bevolking
 - Totaal (skatting 2008)
 - Bevolkingsdigtheid

14 303 542[1]
87,7 mense per vk km

Nieu-Engeland is 'n gebied in die noordoostelike Verenigde State van Amerika met 'n bevolking van naastenby 15 miljoen wat deur die deelstate Connecticut, Maine, Massachusetts, New Hampshire, Rhode Island en Vermont gevorm word. Die klimaat is kontinentaal en vogtig, die grond is egter nie baie geskik vir landbou nie. Die Nieu-Engelandstate is bekend vir die pragtige kleure wat sy bosgebiede in die najaar (Indian Summer) vertoon. Sneeuval in die winter maak die gebied geskik vir wintersport. Toerisme en nuwe tegnologiese nywerhede het die tradisionele tekstiel- en ander nywerhede lank reeds vervang. Die belangrikste ekonomiese en kulturele sentrum is die stad Boston (Massachusetts).

Binne die Verenigde State handhaaf Nieu-Engeland 'n eie afsonderlike kulturele identiteit, waarby kontrasterende elemente mekaar komplimenteer - godsdienstige puritanisme met liberalisme, 'n florerende landboubedryf in landelike streke met vooruitstrewende stedelike nedersettings, en isolasie met immigrasie - waaronder dié van Iere, Franssprekende Kanadese en Portugese.

  1. "US Census Bureau". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Oktober 2012. Besoek op 30 Januarie 2010.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne