Oranje-Vrystaat

Oranje-Vrijstaat
Oranje-Vrystaat

1854-1902
Vlag Wapenskild
Vlag Wapen
Volkslied: Volkslied van den Oranjevrijstaat
Ligging of Oranje-Vrystaat
Ligging of Oranje-Vrystaat
Die Oranje-Vrystaat in 1890
Hoofstad Bloemfontein
29°06′S 26°13′O / 29.100°S 26.217°O / -29.100; 26.217Koördinate: 29°06′S 26°13′O / 29.100°S 26.217°O / -29.100; 26.217
Taal/Tale Nederlands, Engels, Suid-Sotho, Zoeloe
Godsdiens Nederduits Gereformeerde Kerkfamilie
Anglikaanse Kerk
Baptisme
Rooms-Katolieke Kerk
Gereformeerde Kerk
Regering Republiek
President
 - 1854–1855 Sias Hoffman
 - 1855-1859 Jacobus Nicolaas Boshoff
 - 1860-1863 Marthinus Wessel Pretorius
 - 1864–1888 Jan Brand
 - 1889-1895 Francis William Reitz
 - 1896-1902 Marthinus Theunis Steyn
Wetgewer Volksraad van die Oranje-Vrystaat
Geskiedenis
 - Sandrivierkonvensie 17 Januarie 1852
 - Stigting 17 Februarie 1854
 - Eerste Vryheidsoorlog 16 Desember 188023 Maart 1881
 - Tweede Vryheidsoorlog 11 Oktober 189931 Mei 1902
 - Verdrag van Vereeniging 31 Mei 1902
 - Oranjerivierkolonie opgeneem in Unie van Suid-Afrika 31 Mei 1910
Oppervlakte
 - 1875[1][2] 181 299 km2
70 000 sq mi
Bevolking
 - 1875[1][2] skatting 100 000 
     Digtheid 0,6 /km² 
1,4 /sq mi
Geldeenheid Pond

Die Oranje-Vrystaat (Nederlands: Oranje-Vrijstaat) was een van die onafhanklike Boererepublieke. Die Oranje-Vrystaat was een van die provinsies van die Republiek van Suid-Afrika. Dit bestaan vandag steeds as 'n provinsie van Suid-Afrika met die verkorte naam Vrystaat.

Kaart van die Boererepublieke

Die Oranje-Vrystaat (OVS) was 'n onafhanklike staat in Suidelike-Afrika gedurende die tweede helfte van die negentiende eeu, en het later 'n provinsie geword van die hedendaagse Suid-Afrika. Dit was die geskiedkundige voorloper van die huidige Vrystaatprovinsie. Dit is geleë tussen die Oranje- en Vaalrivier, en is gestig as 'n Vrye staat deur die Afrikaner Boere, nadat hulle die Britse beheerde Kaapkolonie gedurende die Groot Trek verlaat het. Die Vrystaat is geannekseer deur Brittanje in 1848, en op 17 Februarie 1854 het Brittanje die onafhanklikheid van die Oranje Vrystaat erken. Op 23 Februarie 1854 het die Oranje-Vrystaat amptelik onafhanklikheid verkry by die ondertekening van die Konvensie van Bloemfontein. Die Zuid-Afrikaansche Republiek (Transvaal), 'n susterstaat van die Boere, het ongeveer op dieselfde tyd onafhanklikheid verkry.

Die Oranje Vrystaat het as 'n politieke en ekonomiese suksesvolle staat ontwikkel, maar desnieteenstaande het dit voortdurende konflik met Brittanje ervaar, totdat dit uiteindelik amptelik gedurende die Tweede Vryheidsoorlog deur Brittanje geannekseer was as die Oranjerivierkolonie in 1900. Dit het by die Unie van Suid-Afrika aangesluit in 1910. Die Republiek se naam het gedeeltelik ontstaan vanuit die naam van die Oranjerivier, net soos die Republiek van Transvaal sy naam vanuit die Vaalrivier verkry het. Beide name is deur die Boere ter ere van die Hollandse Monarg, die Huis van Oranje-Nassau, gegee.

  1. (en) Sketch of the Orange Free State of South Africa. Bloemfontein: Orange Free State. Commission at the International Exhibition, Philadelphia, 1876. 1876. p. 5-6.
  2. (en) Sketch of the Orange Free State of South Africa. Bloemfontein: Orange Free State. Commission at the International Exhibition, Philadelphia, 1876. 1876. p. 10.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne