Oud-Italiese alfabette

Oud-Italiese alfabette
Die alfabet op die Marsiliana-tablet, omstreeks 700 v.C. Gelees van regs na links: ABGDEVZHΘIKLMNΞOPŚQRSTUXΦΨ.
Die alfabet op die Marsiliana-tablet, omstreeks 700 v.C. Gelees van regs na links: ABGDEVZHΘIKLMNΞOPŚQRSTUXΦΨ.
Soort skryfstelsel   Alfabet
Tyd gebruik 8ste - 1ste eeu v.C.
Rigting Regs na links,
links na regs
Tale Italiese tale, Etruskies
Stelsels
Moederstelsels
ISO 15924 Ital, 210
Unicode Old Italic, U+10300–U+1032F
Nota
Hierdie bladsy kan fonetiese IFA-simbole of letters uit ander alfabette bevat
Portaal  Portaalicoon   Skryfstelsels

Oud-Italies verwys na verskeie uitgestorwe alfabette wat in antieke tye op die Italiaanse Skiereiland vir verskillende Indo-Europese tale (veral Italiese tale) en nie-Indo-Europeese tale (soos Etruskies) gebruik is. Die alfabette is afgelei van ’n archaïese alfabet wat in die 8ste eeu v.C. in die gebied om die Golf van Napels gebruik is.

Die Latynse alfabet en die Germaanse runes het mettertyd uit dié alfabette ontstaan.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne