Paul Kruger

Paul Kruger
Paul Kruger
Paul Kruger in 1898

5de President van die Zuid-Afrikaansche Republiek
Ampstermyn
9 Mei 1883 – 10 September 1900
Voorafgegaan deur Driemanskap (Thomas François Burgers, 1877)
Opgevolg deur Schalk Willem Burger (waarnemend)

Lid van die Driemanskap
saam met Marthinus Wessel Pretorius en Piet Joubert
Ampstermyn
8 Augustus 1881 – 9 Mei 1883
Voorafgegaan deur Garnet Wolseley
(as goewerneur van Transvaal)
Opgevolg deur Homself
(as president van die Zuid-Afrikaansche Republiek)

Persoonlike besonderhede
Gebore (1825-10-10)10 Oktober 1825
Bulhoek, Kaapkolonie
Sterf 14 Julie 1904 (op 78)
Clarens, Switserland
Eggenoot/-note Maria (née du Plessis; 1842–1846, haar dood)
Gezina Kruger (née du Plessis; 1847–1901, haar dood)
Kind(ers) 17
Religie Gereformeerde Kerk
Handtekening
Paul Kruger in 1879
Paul Kruger later in sy lewe, omstreeks 1892.

Stephanus Johannes Paulus Kruger (plaas Bulhoek, distrik Steynsburg, 10 Oktober 182514 Julie 1904, Clarens, Switserland), ook bekend as "Oom Paul", is gebore in die Kaapkolonie uit 'n familie van Pruisiese afkoms. Hy was 'n prominente Boere weerstandsleier teen die Britse bewind en het later, op 30 Desember 1883, die laaste president van die Zuid-Afrikaansche Republiek geword. Hy is vier keer tot president verkies, die laaste keer in 1898. Sy volgehoue pogings om die Oranje-Vrystaat en ZAR te verenig, het misluk. Tydens die daaropvolgende burgeroorlog het hy Van Rensburg gesteun en Potchefstroom verower. Na die mislukking van president Burgers se uiters ambisieuse program, word hy een van die steunpilare van die nasionale weerstand teen die Britse anneksasie.

Nadat Shepstone die Britse vlag in 1877 gehys het, sluit Kruger aan by die protesafvaardiging na Londen en beïndruk almal met sy aangebore bekwaamheid as bemiddelaar. Toe dit misluk, konsentreer hy op anti-Britse propaganda onder sy eie mense in die Transvaal en as onder-president van die Zuid-Afrikaansche Republiek onderneem hy nog 'n vrugtelose deputasie na Londen en Europa in 1878.

Hy het in 1883 na Engeland gereis om die Konvensie van Pretoria van 1881 (die ooreenkoms tussen die Boere en die Engelse wat die Eerste Vryheidsoorlog beëindig het) te verander.

Die Tweede Vryheidsoorlog het op 11 Oktober 1899 uitgebreek. In Oktober 1900 het hy Suid-Afrika verlaat op die oorlogskip De Gelderland, wat gestuur is deur Nederland se koningin Wilhelmina. Sy vrou, Gezina Kruger, was op daardie tydstip baie siek, en kon hom nie vergesel nie. Sy het op 20 Julie 1901 gesterf.

Paul Kruger het na Marseille, Frankryk, gegaan en 'n ruk lank in Nederland gebly, voor hy na Clarens in Switserland getrek het, waar hy op 14 Julie 1904 gesterf het. Hy is op 16 Desember 1904 in die Kerkstraatbegraafplaas, Pretoria begrawe.

Sy vorige woning is nou die Krugerhuis-museum.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne