Pous

Vlag van die Vatikaan
Franciskus, die huidige Pous.

Die pous (Latyn: papa, Grieks: πάππας pappas, "vader"), ook bekend as pontifex maximus, is die biskop van Rome en die leier van die Rooms-Katolieke Kerk. Sedert 1929 is die pous ook die staatshoof van Vatikaanstad, 'n landingeslote stadstaat binne Rome, Italië. Die huidige pous is Franciskus wat op 13 Maart 2013 verkies is en wat Benedictus XVI in hierdie amp opvolg. Die ampstermyn van 'n pous word 'n pontifikaat genoem.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne