Pous Franciskus

Pous Franciskus
Geboortenaam Jorge Mario Bergoglio
Pontifikaat begin 13 Maart 2013
Pontifikaat eindig
Voorganger Benedictus XVI
Gebore 17 Desember 1936 (1936-12-17)
Buenos Aires, Argentinië

Pous Franciskus (Latyn: Franciscus PP. [franˈtʃiskus], Italiaans: Francesco [franˈtʃesko], Spaans: Francisco; gebore op 17 Desember 1936 in Buenos Aires, Argentinië, as Jorge Mario Bergoglio[1]) is die 266ste en huidige pous van die Rooms-Katolieke Kerk, biskop van Rome en staatshoof van die Vatikaanstad.[2] Hy is op 13 Maart 2013 verkies tydens die konklawe wat gehou is ná die aftrede van Pous Benedictus XVI. Tot sy verkiesing het Jorge Mario Bergoglio as aartsbiskop en kardinaal-priester van Buenos Aires gedien.[3] Die naam ‘Franciskus’ beteken 'die vrye'.

Kardinaal Jorge Bergoglio in 2008

Franciskus is as Argentyn die eerste Latyns-Amerikaner en Jesuïet wat as hoof van die Rooms-Katolieke Kerk verkies is. Hy is ook die eerste pous vanuit die Amerikas, die Nuwe Wêreld en die Suidelike Halfrond. Die vorige pous wat van 'n nie-Europese afkoms was, was die Siriër pous Gregorius III wat vanaf 731 tot 741 gedien het. Franciskus het homself na Franciskus van Assisi, die "heilige van die armes", genoem,[4] en sy slagspreuk is Miserando atque eligendo ("Hy [God] het hom deur die oë van barmhartigheid gesien en gekies").[5] Hy is op 19 Maart 2013 ingehuldig.[6]

Jorge Mario Bergoglio is van Italiaanse afkoms en praat Italiaans, Spaans, Duits en Latyn.[7] Hy het ook kennis van Engels, Frans en vermoedelik van Portugees.[8]

  1. Spaanse uitspraak [ˈxo̞rxe ˈmaɾjo β̞e̞rˈɣ̞oɣ̞ljo̞] en Italiaanse uitspraak [bɛrˈgɔʎːo]
  2. (en) vatican.va: Habemus Papam Franciscum
  3. (en) catholic-hierarchy.org: Pope Francis – Jorge Mario Bergoglio, S.J.
  4. (en) vatican.va: Audience to Represantives of the Communications Media – Address of the Holy Father Pope Francis
  5. (en) Scarsbrick, Veronica. "Pope Francis : "Miserando atque eligendo"..." Vatikaanse radio. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Oktober 2017. Besoek op 6 Desember 2013.
  6. (en) vatican.va: Homily of the Holy Father Pope Francis
  7. (de) de.radiovaticana.va: Kardinal Lehmann: Humorvolle Gesten von Papst Franziskus
  8. (it) news.va: Briefing di padre Lombardi Geargiveer 18 Oktober 2017 op Wayback Machine

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne