President van Suid-Afrika


Suid-Afrikaanse politiek
Parlement van Suid-Afrika
Nasionale Vergadering
Nasionale Raad van Provinsies
President
Adjunkpresident
Ministers
Speaker van die Nasionale Vergadering
Opposisieleier
Politici
Politieke partye
Konstitusionele Hof
Hoogste Hof van Appèl
Hooggeregshof
Verkiesings
Die Uniegebou, setel van die Suid-Afrikaanse president in Pretoria
Die Tuynhuys, setel van die Suid-Afrikaanse president in Kaapstad

Die President van Suid-Afrika is die staatshoof en regeringshoof onder Suid-Afrika se Grondwet. Vanaf 1961 tot 1994 was die staatshoof bekend as die Staatspresident.

Die President word verkies deur lede van die Parlement en is gewoonlik die leier van die grootste party. Sedert die eerste veelrassige verkiesing op 27 April 1994 is hierdie party die ANC. Die eerste President wat volgens die nuwe Grondwet verkies is, was Nelson Mandela, wie deur Thabo Mbeki in 1999 opgevolg is.

Onder die tussentydse Grondwet (vanaf 1994 tot 1996) was daar 'n Regering van Nasionale Eenheid waarin 'n parlementslid van die grootste opposisieparty geregtig was op die posisie van Adjunkpresident. Tesame met Mbeki het die laaste Staatspresident, F.W. de Klerk, ook gedien as Adjunkpresident in sy amp as leier van die Nasionale Party wat die naasgrootste party in die nuwe Parlement was. De Klerk het egter uitgetree en in opposisie van sy party gegaan.

'n Vrywillige koalisieregering bestaan steeds onder die nuwe Grondwet (wat in 1996 aanvaar is), alhoewel daar sedertdien geen aanstellings van opposisiepolitici in die pos van adjunkpresident gemaak is nie.

Die amptelike setels van die President is die Uniegebou in Pretoria en die Tuynhuys in Kaapstad, terwyl die ampswoning die Mahlamba Ndlopfu in Pretoria is.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne