Republiek Ierland

Ierland
Éire (Iers)
Ireland (Engels)
Vlag van Ierland Wapen van Ierland
Vlag Wapen
Volkslied: Amhrán na bhFiann
(Iers vir: "Die Lied van die Soldaat")
Ligging van Ierland
Hoofstad Dublin (Baile Átha Cliath)

53°20′N 6°16′W / 53.333°N 6.267°W / 53.333; -6.267

Grootste stad Dublin (Baile Átha Cliath)
Amptelike tale Iers[1] en Engels
Regering

President
Taoiseach
Tánaiste
Unitêre presidensiële
grondwetlike republiek
Michael D. Higgins
Simon Harris
Micheál Martin
Onafhanklikheid
• Verklaar
• Bekragtig
• Erken
• Eerste grondwet
• Tweede grondwet
• Republiek
van die Verenigde Koninkryk
24 April 1916
21 Januarie 1919
6 Desember 1921
6 Desember 1922
29 Desember 1937
18 April 1949
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
70 273[2] km2  (118de)
27 133 myl2
2,13 (2015)[3]
Bevolking
 - 2023-skatting
 - 2022-sensus
 - Digtheid
 
5 281 600[4] (120ste)
5 149 139[5]
71,3 / km2 (113de)
184,7 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2024-skatting

$764,067 miljard[6] (40ste)
$143 179[6] (3de)

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2024-skatting

$629,589 miljard[6] (30ste)
$117 979[6] (2de)

MOI (2022) 0,950[7] (7de)  –  baie hoog
Gini (2022) 27,9[8](23ste) –  laag
Geldeenheid Euro (€) (EUR)
Tydsone
 - Somertyd
WET (UTC±0)
IST (UTC+1)
Internet-TLD .ie
Skakelkode +353

Ierland (Engels: Ireland, [ˈaɪərlənd], ; Iers: Éire, [ˈeːɾʲə], ), ook bekend as die Republiek Ierland (Engels: Republic of Ireland; Iers: Poblacht na hÉireann), is 'n onafhanklike eilandstaat in die noordweste van Europa, wat met 70 273 vierkante kilometer sowat vier vyfdes van die eiland Ierland beslaan. Noord-Ierland, die gebied in die noordooste van Ierland, is een van die lande van die Verenigde Koninkryk. Die Ierse grondwet bepaal dat die naam van die staat Éire is, of, in Engels, Ireland. Desondanks word na die onafhanklike staat Ierland soms ook as Republiek Ierland verwys om dit te onderskei van die eiland Ierland.

Nasa-Satellietbeeld van Ierland

Ierland het volgens die sensus van 2016 'n bevolking van 4,76 miljoen, 'n toename van 3,7 persent teenoor die laaste sensus in 2011.[9] In 2022 is Ierland se inwonertal op 5,1 miljoen beraam.

Die amptelike simbool van die republiek is die Keltiese harp, wat ook op die Ierse Euromunte uitgebeeld word. Dikwels word egter die klawer gebruik, onder meer deur die Ierse nasionale rugbyspan wat die hele Ierland in internasionale rugby verteenwoordig.

Ierland is sedert 1973 'n lidland van die Europese Unie en beskik oor 'n hoogs ontwikkelde ekonomie, wat immigrante uit ander Europese en oorsese lande lok. Dié land het sedert die 1990's tot een van die welvarendste Europese nasies ontwikkel. Dit is ná die ongekende finansiële krisis van 2008 in 'n ernstige resessie gedompel, maar in 2013 het die ekonomiese groei teruggekeer.

  1. (en) "Official Languages Act 2003". Office of the Attorney-General. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Mei 2020. Besoek op 2 Julie 2020.
  2. (en) "Ireland". Central Intelligence Agency. Besoek op 9 April 2024.
  3. (en) "Surface water and surface water change". OESO. Besoek op 9 April 2024.
  4. (en) "Population and Migration Estimates, April 2023". Sentrale Statistiekkantoor. April 2023. Besoek op 9 April 2024.
  5. (en) Ailbhe Conneely (30 Mei 2023). "Working from home up, Catholic households down in Census figures". RTÉ. Besoek op 9 April 2024.
  6. 6,0 6,1 6,2 6,3 (en) "Ireland". Internasionale Monetêre Fonds. Oktober 2023. Besoek op 9 April 2024.
  7. (en) "Human Development Report 2023/2024" (PDF). United Nations Development Programme. 13 Maart 2024. Besoek op 9 April 2024.
  8. (en) "Gini coefficient of equivalised disposable income – EU-SILC survey". Eurostat. Besoek op 9 April 2024.
  9. (en) Census of Population 2016 – Preliminary Results

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne