| ||||
Leuse: senatvs popvlvsqve romanvs (Latyns vir: "Die Senaat en Volk van Rome") | ||||
![]() | ||||
Hoofstad | Rome 41°54′N 12°30′O / 41.900°N 12.500°OKoördinate: 41°54′N 12°30′O / 41.900°N 12.500°O | |||
Taal/Tale | Latyn | |||
Godsdiens | Romeinse Paganisme | |||
Regering | Republiek | |||
Konsul | ||||
- 509 v.C.-508 v.C. | Lucius Junius Brutus, Lucius Tarquinius Collatinus | |||
- 27 v.C. | Gaius Julius Caesar Octavianus, Marcus Vipsanius Agrippa | |||
Wetgewer | Romeinse Senaat | |||
Historiese tydperk | Klassieke oudheid | |||
- Verkragting van Lucretia[1] | 16 Januarie 509 v.C. | |||
- Caesar verklaar tot ewigdurende diktator | 44 v.C. | |||
- Slag van Actium | 2 September 31 v.C. | |||
- Octavianus verklaar tot Augustus | 16 Januarie 27 v.C. | |||
Oppervlakte | ||||
- 326 v.C.[2] | 10 000 km2 3 861 sq mi | |||
- 200 v.C.[2] | 360 000 km2 138 997 sq mi | |||
- 146 v.C.[2] | 800 000 km2 308 882 sq mi | |||
- 100 v.C.[2] | 1 200 000 km2 463 323 sq mi |
![]() Stigting van Rome |
Die Romeinse Republiek (Latyns: Res Publica Romana) was die fase van die antieke Romeinse beskawing wat gekenmerk is deur 'n republikeinse regeringsvorm. Die republikeinse tydperk het begin met die omverwerping van die Monargie c.509 v.C.[1] en vir meer as 450 jaar bestaan tot met die subversie daarvan deur 'n reeks burgeroorloë, in die Prinsipaat-regeringsvorm en die Keiserlik tydperk. Die presiese gebeurtenis wat die oorgang van die Romeinse Republiek na die Romeinse Ryk aandui is oop vir interpretasie. Historici stel die aanstelling van Julius Caesar as ewigdurende diktator (44 v.C.), die Slag van Actium (2 September 31 v.C.), en die Romeinse Senaat se toestaan van Octavianus se buitengewone magte (16 Januarie 27 v.C.), as kandidate vir die epogmakende gebeurtenis.