San Francisco

San Francisco

Kaart Seël
Vlag
 Land Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
 Deelstaat Kalifornië
 County City and County
of San Francisco
 Koördinate 37°47′N 122°25′W / 37.783°N 122.417°W / 37.783; -122.417
 Gestig op 29 Junie 1776
 Geïnkorporeer op 16 April 1850
 Oppervlakte:  
 - Totaal 600,6 vk km
 - waarvan land 121,4 vk km
 Hoogte bo seevlak 16 m (0–282 m)
 Bevolking:  
 - Totaal (1 Januarie 2016) 866 583
 - Bevolkingsdigtheid 7 138,2/vk km
 - Metropolitaanse gebied 4 335 391
 - Combined statistical area (CSA) 8 371 000
 Tydsone PST (UTC -8)
Somertyd:
PDT (UTC -7)
 Klimaat  
 - Tipe Mediterreens
 - Gemiddelde jaarlikse temperatuur 14,6 °C
 - Gem. temp. Januarie/Julie 11,3 / 16,3 °C
 - Gemiddelde jaarlikse neerslae 566 mm
 Burgemeester London Breed (D)
 Amptelike Webwerf sfgov.org

San Francisco [ˌsænfɹənˈsɪskoʊ] is die vierde grootste stad van die Amerikaanse deelstaat Kalifornië na Los Angeles, San Diego en San Jose. Die stad aan die weskus van die Verenigde State staan sedert die sestigerjare, toe dit die hoofstad van die hippie-beweging was, ook bekend onder sy diminutief Frisco. Bewoners van Noord-Kalifornië noem die metropool dikwels kortweg the City.

San Francisco is die tweede belangrikste toeristebestemming in die VSA na New York.

'n Uitsig oor San Francisco, soos gesien vanaf 'n hoogte van sowat 5 000 meter

San Francisco is aan die noordelike kant van die San Francisco-skiereiland geleë, met die Stille Oseaan en die San Franciscobaai aan weerskante, en het 'n bevolking van meer as 866 000 (meer as 4,3 miljoen in die amptelike metropolitaanse gebied). Die nie-amptelike metropolitaanse gebied van San Francisco strek tot by San Jose in die suide en is met sowat 8,4 miljoen inwoners (2012) die vierde grootste in die Verenigde State na New York, Los Angeles en Chicago.

Die bekendste bakens van die stad is die Golden Gate-brug met 'n lengte van 2,7 kilometer en 'n maksimale hoogte van 227 meter, die voormalige gevangeniseiland Alcatraz, die Transamerica-gebou in die vorm van 'n piramide met 'n hoogte van 260 meter en die cable car-trem.

San Francisco was, as een van die snelste groeiende stede in die Unie, die eerste groot metropool in die jong deelstaat Kalifornië, sy kulturele hoofstad as "Parys van die Stille Oseaan", soos dit in die 19de eeu genoem is, en dekades lank die Verenigde State se vernaamste seehawe aan die Weskus. Los Angeles se ongekende groei het eers in die vroeë 20ste eeu begin. Ná die Tweede Wêreldoorlog het die samespel van terugkerende soldate, grootskaalse immigrasie, liberaliserende houdings en ander faktore bygedra tot die rol wat San Francisco gedurende die Summer of Love en as hoofstad van die gay-regte-beweging gespeel het. Hierdie ontwikkelinge het van die stad 'n sentrum van liberale aktivisme in die Verenigde State gemaak.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne