San Marino

Republiek San Marino
Repubblica di San Marino (Italiaans)
Vlag van San Marino Wapen van San Marino
Vlag Wapen
Nasionale leuse: Libertas
(Latyn vir: "Vryheid")
Volkslied: Inno Nazionale della Repubblica
(Italiaans vir: "Nasionale volkslied van die republiek")
Ligging van San Marino
Hoofstad San Marino-stad

43°56′N 12°26′O / 43.933°N 12.433°O / 43.933; 12.433

Grootste stad Dogana

43°59′N 12°29′O / 43.983°N 12.483°O / 43.983; 12.483

Amptelike tale Italiaans[1]
Regering

Capitani Reggenti
(Staatshoofde)
Unitêre parlementêre
grondwetlike republiek
Alessandro Rossi
Milena Gasperoni
Onafhanklikheid
• Volgens tradisie
• Van die pouslike staat
• Huidige grondwet
van die Romeinse Ryk
3 September 301
1291
8 Oktober 1600 (Statuut)
12 Julie 1978 (Burgerregte)
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
61,2[2] km2  (191ste)
23,6 myl2
0
Bevolking
 - 2021-skatting
 - Digtheid
 
33 600[3] (221ste)
520 / km2 (23ste)
1346,8 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2024-skatting

$2,975 miljard[4] (171ste)
$86 894[4] (9de)

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2024-skatting

$2,105 miljard[4] (176ste)
$61 493[4] (17de)

MOI (2022) 0,867[5] (43ste)  –  baie hoog
Geldeenheid Euro (€) (EUR)
Tydsone
 - Somertyd
MET (UTC+1)
MEST (UTC+2)
Internet-TLD .sm
Skakelkode +378 (+39 0549 via Italië)

San Marino (Italiaans: [sam maˈriːno]), amptelik die Republiek San Marino[2][6] (Repubblica di San Marino), ook bekend as die Mees Deurlugtige Republiek San Marino[2][6] (Serenissima Repubblica di San Marino), is 'n landingeslote land in suidelike Sentraal-Europa met 'n oppervlakte van 61,2 vierkante kilometer en 'n bevolking van 33 600 soos in 2021. Die grootste deel van die staatsgebied word beslaan deur die kalksteenmassief van Monte Titano (met drie bergpieke waarvan die hoogste op 739 m bo seevlak geleë is) waarop die hoofstad San Marino-stad ontstaan het.[7]

Guaita, een van drie bergvestings op Monte Titano wat deur Unesco in 2008 saam met die historiese kernstad van San Marino tot wêrelderfenis verklaar is
Kaart van San Marino

Volgens historiese oorlewering is San Marino op 3 September 301 deur Marinus, 'n Christelike klipmesselaar, as toevlugsoord vir Romeinse Christene gestig. Hierdie stigtingsdag word steeds as nasionale dag van San Marino gevier, terwyl Marinus later deur die Rooms-Katolieke Kerk heilig verklaar is. As San Marino het hy die naamgewer vir die republiek en sy hoofstad geword. San Marino vorm 'n enklawe in Noord-Italië wat sowat 20 km (12 myl) suidwes van die Adriatiese hawestad Rimini en 10 km van die seekus af geleë is. Van hier kom baie van die jaarliks sowat 1,9 miljoen toeriste wat merendeels daguitstappies na San Marino onderneem.

Die oorspronge van San Marino se selfregering strek terug tot in die antieke tydperk. Sedert die 13de eeu bestaan San Marino as 'n onafhanklike republiek met vaste staatsregtelike strukture (die eerste twee regeringsrade of Capitani Reggenti, wat volgens die antieke Romeinse konsulêre stelsel vir 'n ampstermyn van ses maande gemeenskaplik geregeer het, is in 1243 benoem[8]). San Marino se onafhanklikheid is formeel in 1631 deur die Pous en nog eens tydens die Kongres van Wene in 1815 bevestig. In 1862 is 'n vriendskapsverdrag met Italië gesluit.

San Marino is een van die oudste republieke ter wêreld en die vyfde kleinste land volgens oppervlakte. Dit is – naas die Vatikaanstad en Monaco – een van die drie kleinste state in Europa. Die hoofstad is San Marino-stad met 'n bevolking van 4 500, die grootste nedersetting is Dogana in die castello of munisipaliteit Serravalle met meer as 10 000 inwoners.

San Marino is lid van die Verenigde Nasies, die Raad van Europa en die Latynse Unie (van Romaanssprekende lande), maar dit het nie by die Europese Unie aangesluit nie. Weens die hegte ekonomiese bande met Italië maak die republiek nogtans deel uit van die Eurosone.

  1. (it) "San Marino è". Republiek San Marino. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Mei 2021. Besoek op 7 Mei 2021.
  2. 2,0 2,1 2,2 (en) "San Marino". CIA World Factbook. Central Intelligence Agency. Besoek op 1 April 2024.
  3. (en) "San Marino – Population – Upeceds". Statistiek San Marino. Besoek op 1 April 2024.
  4. 4,0 4,1 4,2 4,3 (en) "San Marino". Internasionale Monetêre Fonds. Oktober 2023. Besoek op 1 April 2024.
  5. (en) "Human Development Report 2023/2024" (PDF). United Nations Development Programme. 13 Maart 2024. Besoek op 1 April 2024.
  6. 6,0 6,1 (en) "San Marino". Encyclopædia Britannica. Besoek op 1 April 2024.
  7. (en) Dr Bernard Stonehouse (red.): Philips' Illustrated Atlas of the World. London: Guild Publishing 1985, bl. 66
  8. (de) Die Welt, 31 Augustus 2010: Zu Gast in der ältesten Republik der Welt. Besoek op 7 Augustus 2018

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne