Sanna Marin

Sanna Marin
Sanna Marin
Sanna Marin in 2022

Ampstermyn
10 Desember 2019 – 20 Junie 2023
President Sauli Niinistö
Voorafgegaan deur Antti Rinne
Opgevolg deur Petteri Orpo

Minister van Vervoer en Kommunikasie
Ampstermyn
6 Junie 2019 – 10 Desember 2019
Eerste minister Antti Rinne
Voorafgegaan deur Anu Vehviläinen
Opgevolg deur Timo Harakka

Persoonlike besonderhede
Gebore Sanna Carolina Marin
16 November 1985 (1985-11-16)
Helsinki, Finland
Politieke party Sosiaal-Demokratiese Party
Kind(ers) 1
Alma mater Universiteit van Tampere

Sanna Mirella Marin (gebore 16 November 1985) is 'n Finse politikus wat sedert 10 Desember 2019 as Finland se Eerste minister dien. Sy is 'n lid van die Sosiale Demokrate van Finland, en is sedert 2015 'n lid van die Parlement van Finland. Sy was van 6 Junie 2019 tot 10 Desember 2019 die Finse minister van vervoer en kommunikasie gewees.[1]Sy is tans die wêreld se jongste dienende staatshoof.[2]

Nadat Antti Rinne as eerste minister bedank het, het die Sosiale Demokrate op 8 Desember 2019 vir Marin as hul nuwe kandidaat vir eerste minister aangewys.[3][4] Sy het by bevestiging deur die parlement[5] op 34-jarige ouderdom beide die jongste dienende eerste minister in die geskiedenis geword en Finland se jongste eerste minister. Sy is ook die derde vroulike eerste minster van haar land, na Anneli Jäätteenmäki en Mari Kiviniemi.[6][7][8]

  1. Sanna Marin Parliament of Finland (in Fins). Opgespoor op 9 Desember 2019.
  2. https://maroelamedia.co.za/nuus/wereld/jongste-staatshoof-nou-aan-bewind-in-finland/ URL besoek op 11 Desember 2019
  3. SDP on valinnut: Sanna Marinista tulee Suomen seuraava pääministeri – suora lähetys menossa, Yle seuraa hetki hetkeltä Yle 8.12.2019
  4. Finland's Social Democrats name Marin to be youngest ever prime minister Reuters 8.12.2019
  5. "argiefkopie". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Desember 2019. Besoek op 11 Desember 2019.
  6. "Finland anoints Sanna Marin, 34, as world's youngest-serving prime minister". The Guardian (in Engels). 9 Desember 2019. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 April 2020. Besoek op 9 Desember 2019.
  7. "Finland: Sanna Marin to become world's youngest PM at 34". www.aljazeera.com (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020. Besoek op 9 Desember 2019.
  8. Lemola, Johanna; Specia, Megan (9 Desember 2019). "Sanna Marin of Finland to Become World's Youngest Prime Minister". The New York Times (in Engels (VSA)). ISSN 0362-4331. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 10 Desember 2019.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne