Seestroom

Oseaniese oppervlakstrome.

'n Seestroom is 'n aanhoudende, gerigte beweging van seewater wat veroorsaak word deur 'n verskeidenheid faktore wat op die water inwerk, soos wind, die Corioliskrag, brekende golwe, kabbeling en verskille in temperature en soutgehalte.[1] Dieptekontoere, kuslynkonfigurasies en wisselwerkings met ander strome beïnvloed 'n stroom se rigting en sterkte.

Seestrome is hoofsaaklik horisontale waterbewegings.

  1. NOAA, NOAA. "What is a current?". Ocean Service Noaa. National Ocean Service. Besoek op 13 Desember 2020.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne