Sideriese jaar

’n Sideriese jaar (van Latyn sidus, "asterisme, ster") is die tyd wat die Aarde vat om een keer om die Son te wentel met betrekking tot die vaste sterre. Dit is dus ook die tyd wat die Son neem om terug te keer na dieselfde posisie teen die agtergrond van vaste sterre nadat dit oënskynlik een keer om die sonnebaan beweeg het.

Dit kom neer op 365,25636 SI-dae vir die J2000-epog.[1] ’n SI-dag, of gewone sondag, is 86 400 SI-sekondes lank.

Vanweë die aksiale presessie van die Aarde verskil die sideriese jaar van die tropiese jaar, die tyd wat die Son vat om terug te keer na dieselfde posisie in die siklus van seisoene soos van die Aarde af gesien, byvoorbeeld van lentenagewening tot lentenagewening of van somersonstilstand tot somersonstilstand. Die sideriese jaar is 20 min. 24,5 sek. langer as die tropiese jaar vir J2000 (365,242189 dae).[1]

Voor die ontdekking van aksiale presessie deur Hipparchos in die Hellenistiese tydperk, was die verskil tussen die sideriese en tropiese jaar onbekend. Premoderne kalenders sou die tyd van die jaar vir saai, oes, ens. aandui na aanleiding van die eerste waarneming van sterre; dus het hulle eintlik die sideriese jaar gebruik.

  1. 1,0 1,1 IERS EOP PC Useful constants

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne