Sri Lanka

Demokratiese Sosialistiese Republiek Sri Lanka
ශ්‍රී ලංකා ප්‍රජාතාන්ත්‍රික සමාජවාදී ජනරජය (Singalees)
இலங்கை சனநாயக சோசலிசக் குடியரசு (Tamil)
Vlag van Sri Lanka Embleem van Sri Lanka
Vlag Embleem
Volkslied: Sri Lanka Matha
(Afrikaans: "Moeder Sri Lanka")
Ligging van Sri Lanka
Hoofstad Sri Jayawardenepura (administratief)[1]
Colombo (kommersieel)[2]

6°56′N 79°52′O / 6.933°N 79.867°O / 6.933; 79.867

Grootste stad Colombo
Amptelike tale Singalees en Tamil[3]
Regering Unitêre semi-presidensiële
grondwetlike republiek
Ranil Wickremesinghe
Dinesh Gunawardena
Onafhanklikheid
Vorming
• Singalese Koninkryk[4]
• Rajarata[5]
• Kandyan-oorloë
• Kandyan-ooreenkoms
• Dominium
• Republiek
• Huidige grondwet


543 v.C.
437 v.C.
1796
1815
4 Februarie 1948
22 Mei 1972
7 September 1978
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
65 610 km2  (120ste)
25 330 myl2
4,4
Bevolking
 - 2021-skatting
 - 2012-sensus
 - Digtheid
 
22 156 000[6] (57ste)
20 277 597[7]
337,7 / km2 (24ste)
874,6 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2022-skatting

$340,861 miljard[8] (56ste)
$15 387[8] (88ste)

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2022-skatting

$81,934 miljard[8] (64ste)
$3 699[8] (113de)

MOI (2019) 0,782[9] (72ste)  –  hoog
Gini (2016) 39,3[10](medium) –  medium
Geldeenheid Roepee (LKR)
Tydsone
 - Somertyd
SLST (UTC+5:30)
nie toegepas nie (UTC+5:30)
Internet-TLD .lk, .ලංකා, .இலங்கை
Skakelkode +94

Sri Lanka (Singalees: ශ්‍රී ලංකාව, śrī laṃkāva, [ʃriː laŋkaː]; Tamil: இலங்கை, ilaṅkai, [ilaŋɡaj]), amptelik die Demokratiese Sosialistiese Republiek Sri Lanka (Singalees: ශ්‍රී ලංකා ප්‍රජාතාන්ත්‍රික සමාජවාදී ජනරජය, Śrī Laṅkā Prajātāntrika Samājavādī Janarajaya; Tamil: இலங்கை சனநாயக சோசலிசக் குடியரசு, Ilaṅkai Jaṉanāyaka Sōsalisak Kuṭiyarasu), is 'n tropiese eilandstaat in Suid-Asië en die Indiese Oseaan. Dit is net suidoos van Indië geleë, verder wes is die Maledive en in die noordooste sluit die Golf van Bengale aan. Sri Lanka beslaan 'n oppervlakte van 65 610 km² en het 'n bevolking van 22 156 000 in 2021 gehad. Dié land se hoofstad is Sri Jayawardenepura, maar die grootste stad is Colombo. Singalees en Tamil vorm die twee amptelike tale van Sri Lanka en word deur die twee belangrikste etniese groepe, die Singalese en die Tamils onderskeidelik, gebesig. Van die etniese minderhede sluit in Moors, Maleiers, Han-Chinese, Burgher en die inheemse bevolking van Sri Lanka, Vedda.

Nasa-Satellietbeeld van Sri Lanka
Kaart van Sri Lanka
Topografiese kaart van Sri Lanka

Sri Lanka het voor 1972 as Ceylon bekend gestaan en was deel van die Britse Ryk, maar nooit van die nabygeleë Brits-Indië nie. Die naam Ceylon word steeds gebruik vir tee, een van Sri Lanka se belangrikste uitvoerprodukte.[11] Voor dit is name soos Serendib en Sinhale gebruik. Sri Lanka beteken in Sanskrit "eerbare eiland".[12]

Ceylon was vanaf 1658 tot 1796 'n Nederlandse kolonie. In 1796 neem die Britte die eiland oor, maar op 4 Februarie 1948 word dit 'n onafhanklike land. Sri Lanka is 'n lidland van die Britse Statebond met 'n president as staatshoof. Dié land is vir sowat dertig jaar deur 'n burgeroorlog (1983–2009) tussen die Tamilse Liberation Tigers of Tamil Eelam en die Sri Lanka Weermag verlam. In onlangse jare het Sri Lanka 'n belangrike en gewilde toeristebestemming geword wat die ekonomie laat groei het. Saam met die Maledive is Sri Lanka net een van twee Suid-Asiatiese lande wat as "hoog" op die Menslike-ontwikkelingsindeks (MOI) geranglys word en sy MOI-gradering per capita-inkomste is die tweede hoogste onder Suid-Asiatiese lande.

Tydens die Tweede Vryheidsoorlog (1899–1902), ook bekend as die Anglo-Boereoorlog, is ongeveer 5 000 Boere as krygsgevangenes deur die Britte na Ceylon verban.

  1. (en) "Sri Jayewardenepura Kotte". Encyclopædia Britannica. Besoek op 28 Julie 2022.
  2. (en) "Colombo". Encyclopædia Britannica. Besoek op 28 Julie 2022.
  3. (en) "Official Languages Policy". Department of Official Languages. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 April 2020. Besoek op 22 November 2019.
  4. (en) K. M. De Silva (1981). A History of Sri Lanka. University of California Press. ISBN 978-0-19-561655-2.
  5. (en) C. W. Nicholas, S. Paranavitana (1961). A Concise History of Ceylon. Colombo University Press.
  6. (en) "Mid‐year Population Estimates by District & Sex, 2016–2021". Department van Sensus en Statistiek. Besoek op 28 Julie 2022.
  7. (en) (si) (ta) "Census of Population and Housing 2011 Enumeration Stage February – March 2012" (PDF). Department van Sensus en Statistiek. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 6 Desember 2013. Besoek op 28 Julie 2022.
  8. 8,0 8,1 8,2 8,3 (en) "Sri Lanka". Internasionale Monetêre Fonds. April 2022. Besoek op 28 Julie 2022.
  9. (en) "Human Development Report 2020" (PDF). United Nations Development Programme. 2020. Besoek op 28 Julie 2022.
  10. (en) "Gini Index". Wêreldbank. Besoek op 28 Julie 2022.
  11. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
  12. (en) "Chapter I – The People, The State And Sovereignty". The Constitution Of The Democratic Socialist Republic Of Sri Lanka. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Mei 2014. Besoek op 22 November 2019.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne