Stormwater

Stedelike afloopwater vloei in 'n stormwatersloot

Stormwater is water wat na 'n reënbui afloop. Stormwater kan in die grond infiltreer, bo op die oppervlak bly en verdamp, of wegvloei en in strome, riviere of damme beland.

In 'n natuurlike landskap soos 'n woud of bos, absorbeer die grond die meeste van die stormwater naby aan die plek waar dit val. In omgewings wat ontwikkel is, kan stormwater wat nie goed bestuur word nie, hoofsaaklik twee probleme veroorsaak. Indien die volume te veel raak, kan dit vloedskade aanrig, en indien daar gifstowwe in hierdie stormwater beland, kan dit skadelike gevolge hê waarheen dit ook al vloei, of selfs uiteindelik vir oseaanbesoedeling sorg.

Stormwater is ook 'n waardevolle hulpbron aangesien die wêreldbevolking se verbruik groter is as die beskikbare varswater. Wanneer die stormwater opgegaar en gesuiwer word, kan dit in stedelike gebiede drinkwater voorsien en op hierdie manier sorg vir volhoubaarheid.

Reënwater vloei in 'n afvoerkanaal in

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne