Swede

Koninkryk Swede
Konungariket Sverige (Sweeds)
Vlag van Swede Wapen van Swede
Vlag Wapen
Nasionale leuse: För Sverige – i tiden
(Sweeds vir: "Vir Swede – met die tyd")
Volkslied: Du gamla, Du fria
(Sweeds vir: "Jy oue, Jy vrye")

Koninklike volkslied: Kungssången
Ligging van Swede
Hoofstad Stockholm

59°21′N 18°04′O / 59.350°N 18.067°O / 59.350; 18.067

Grootste stad Stockholm
Amptelike tale Sweeds
Regering Unitêre parlementêre
grondwetlike monargie
Carl XVI Gustaf
Ulf Kristersson
Onafhanklikheid
• Vorming
Kalmarunie
• Sweeds-Noorweegse Unie

11de eeu
1397–1523
1814–1905
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
450 295[1] km2  (55ste)
173 860 myl2
8,37 (2015)[2]
Bevolking
 - 2023-skatting
 - 2013-sensus
 - Digtheid
 
10 536 338[1] (87ste)
9 658 301[3]
25 / km2 (198ste)
64,7 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2024-skatting

$736,745 miljard[4] (40ste)
$67 530[4] (17de)

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2024-skatting

$620,712 miljard[4] (25ste)
$56 894[4] (12de)

MOI (2021) 0,947[5] (7de)  –  baie hoog
Gini (2022) 27,6[6] –  laag
Geldeenheid Kroon (SEK)
Tydsone
 - Somertyd
MET (UTC+01)
MEST (UTC+02)
Internet-TLD .se
Skakelkode +46

Swede (Sweeds: Sverige, [ˈsvæ̌rjɛ], ), amptelik die Koninkryk Swede (Sweeds: Konungariket Sverige, [ˈkôːnɵŋaˌriːkɛt ˈsvæ̌rjɛ], ), is met 'n oppervlakte van 450 295 vierkante kilometer en 'n bevolking van sowat 10,5 miljoen die grootste van die Skandinawiese lande. Die hoofstad en grootste stad is Stockholm. Swede is 'n grondwetlike, erflike monargie met koning Carl XVI Gustaf as seremoniële staatshoof en 'n parlementêre demokratiese regeringstelsel met 'n eenkamerparlement, die Riksdag.

Nasa-Satellietbeeld van Skandinawië en Swede

Swede beslaan die oostelike helfte van die Skandinawiese skiereiland en grens in die weste aan Noorweë en in die ooste aan Finland. Die land strek in die suide tot by die 55ste noordelike breedtegraad, maar het 'n kleiner aandeel aan die Arktiese gebiede van Noord-Skandinawië as Noorweë of Finland. Die oostelike kuslyn met 'n totale lengte van sowat 1 600 kilometer strek vanuit Ystad in die suide langs die Oossee tot by die Tornerivier in die noorde, wat ook die grenslyn met Finland vorm. 'n Kleiner deel van die kuslyn lê aan die Atlantiese Kattegat-seestraat wat Swede van Denemarke skei. Die langste landroete van die mees suidelike tot die mees noordelike punt loop oor 'n afstand van 1 572 kilometer, die langste oos-westelike roete oor 'n afstand van sowat 500 kilometer.

Terwyl die land gedurende die 17de eeu tot 'n Europese groot moondheid ontwikkel het, was dit in die 19de eeu een van die armste lande in Europa en baie van sy inwoners was gedwing om 'n nuwe heenkome in Noord-Amerika en ander oorsese gebiede te vind. Eers in die 20ste eeu het Swede se uitgestrekte bosgebiede, sy ysterertsvoorrade en waterkrag die grondslag vir 'n vinnige ekonomiese ontwikkeling gelê. Binne enkele dekades het Swede een van die welvarendste en mees gevorderde lande ter wêreld geword.

Swede se ekonomie is sterk uitvoergerig en word ondanks die relatief klein bevolking deur 'n groot aantal multinasionale maatskappye gekenmerk wat suksesvol op die wêreldmark meeding. Swede het in historiese en politieke opsig nou bande met sy Skandinawiese buurlande, maar ook met die Baltiese lande. Sy huidige buitelandse beleid word dan ook deur sy lidmaatskap in die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (NAVO), die Europese Unie, die OESO en die OVSE oorheers.

  1. 1,0 1,1 (en) "Sweden". Central Intelligence Agency. Besoek op 7 Maart 2024.
  2. (en) "Surface water and surface water change". OESO. Besoek op 7 Maart 2024.
  3. (sv) "Population Statistics". Statistiek Swede. Besoek op 7 Maart 2024.
  4. 4,0 4,1 4,2 4,3 (en) "Sweden". Internasionale Monetêre Fonds. Oktober 2023. Besoek op 7 Maart 2024.
  5. (en) "Human Development Report 2021/2022" (PDF). United Nations Development Programme. 2021. Besoek op 7 Maart 2024.
  6. (en) "Gini coefficient of equivalised disposable income – EU-SILC survey". Eurostat. Besoek op 7 Maart 2024.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne