Transvaal

Provinsie van Transvaal
Province of Transvaal

1910-1994


Vlag Wapenskild
Vlag Wapen
Volkslied: Kent gij dat Volk
Ligging of Transvaal
Ligging of Transvaal
Ligging van Transvaal tussen 1976–1994 (die tuislande word nie aangetoon nie)
Hoofstad Pretoria
25°45′S 28°11′O / 25.750°S 28.183°O / -25.750; 28.183Koördinate: 25°45′S 28°11′O / 25.750°S 28.183°O / -25.750; 28.183
Taal/Tale Afrikaans, Nederlands, Engels
Godsdiens Nederduits Gereformeerde Kerkfamilie, Anglikaanse Kerk
[[Regering|]] Nie gespesifiseer nie
Wetgewer Transvaal-provinsiale Raad
Historiese tydperk Unie van Suid-Afrika
 - Stigting van die Unie van Suid-Afrika 31 Mei 1910
 - Einde van Apartheid 27 April 1994
Bevolking
 - 1991 skatting 9 491 265 
Geldeenheid Suid-Afrikaanse Pond (1910–1961)
Suid-Afrikaanse Rand (1961–1994)

Transvaal is die informele naam vir een van die onafhanklike republieke wat deur die Voortrekkers tydens die 19de eeu gestig is en amptelik as Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR) bekend gestaan het. Ná 1910 vorm Transvaal, wat in die noordooste van Suid-Afrika lê, een van die vier provinsies van die Unie van Suid-Afrika en sedert 1961 een van die vier provinsies van die Republiek van Suid-Afrika.

Transvaal is sowel in landboukundige asook in mynboukundige opsig 'n skatkamer. Sy uitgestrekte plase en sy mynbounywerheid lewer 'n groot bydrae tot Suid-Afrika se bruto binnelandse produk. Teen die suidelike rand van die Transvaalse Hoëveld lê Suid-Afrika se belangrikste nywerheidsgebied, die Witwatersrand.

Ná die algemene verkiesing van 1994 is die administratiewe verdeling van Suid-Afrika verander en die provinsie Transvaal ontbind. Op sy grondgebied het vier nuwe provinsies ontstaan: Gauteng (aanvanklik die P.W.V. genoem), Noordwes, Limpopo en Mpumalanga. Die naam Transvaal word nog steeds gebruik om na die oorspronklike geografiese gebied te verwys.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne