Tswanas

Tswanas

'n Tlhapingkaptein en sy vrou, soos waargeneem deur eerw. John Campbell by "New Lattakoo" (Kuruman) in die eerste helfte van die 1800's.
Totale bevolking: 5 500 000
Belangrike bevolkings  in: Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika 4 067 248[1]

Vlag van Botswana Botswana 1 400 000[2]

Taal: Tswana
Geloofsoortuiging: Christene, Tradisionele Afrika-godsdiens
Verwante etniese groepe: Basotho (Suid-Sotho-sprekers), Noord-Sotho's (Noord-Sotho-sprekers)

Die Tswana (Tswana: Batswana, enkelvoud Motswana) is dié groep onder die Sotho's wat die heel westelike gedeelte van Suid-Afrika en die hele Botswana bewoon. Die Tswana behels verskeie groeperings, waarvan die belangrikste die Hurutshe, Kgatla, Kwena, Rolong, Thlaping en Tlokwa is.

Alhoewel die Tswana die dominante etniese identiteit in Botswana is, word die land se hele bevolking gekenmerk as BaTswana, ongeag hul etniese oorsprong. Alhoewel geen amptelike poging nog ooit aangewend is om die bevolking volgens etniese oorsprong te tel nie, is minder as die helfte van die bevolking van Botswana waarskynlik "etnies Tswana" van oorsprong.

  1. "Census in Brief" (PDF) (in Engels). Statssa.gov.za. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 22 Julie 2014. Besoek op 1 Oktober 2012.
  2. "CIA – The World Factbook" (in Engels). Central Intelligence Agency. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Junie 2020. Besoek op 1 Oktober 2012.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne