Universiteit van Oxford

Universiteit van Oxford
University of Oxford

Latyn: Universitas Oxoniensis
Leuse:Dominus Illuminatio Mea
Leuse in Engels:"The Lord is my Light"
Gestig:~1096
Studentetal:20 330
Voorgraadse studente:11 766
Nagraadse studente:8 701
Ander studente:461
Ligging:Oxford,
Vlag van Engeland Engeland
,
Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
Webtuiste:http://ox.ac.uk/

Die Universiteit van Oxford (ook bekend as Oxford-Universiteit) is 'n universiteit in Oxford, Engeland. Die universiteit is saam met die Universiteit van Cambridge een van die twee beroemdste en oudste universiteite van die Verenigde Koninkryk. Die twee universiteite staan gesamentlik as Oxbridge bekend.

Die toegangsvereistes vir 'n topuniversiteit soos Oxford is baie streng; uit vele kandidate word slegs die beste aangeneem. Dit weerspieël die kwaliteit van die opleiding en konstante rangskikking van Oxford binne die top vyf van beste universiteite ter wêreld.[1][2] In die universiteit se geskiedenis was daar al 72 Nobelpryswenners, 12 wenners (20%) van die Booker Prys, 6 wenners van die A.M. Turing Toekenning en 4 wenners van die Veldmedalje vir Navorsing aan die universiteit. Daarnaas het 28 premiers van die Verenigde Koninkryk en meer as 50 andere presidente en premiers hier studeer. Verder is daar tallose wêreldberoemde wetenskaplikes, akademici, outeurs, filosowe, ondernemers, geestelikes, regters, kunstenaars, sporthelde en akteurs wat ook aan Oxford studeer het.[3]

  1. http://www.topuniversities.com
  2. Artikel in Knack.
  3. Oxford at the Olympics

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne