Vlermuis

Vlermuis
Tydperk: 52–0 m. jaar gelede Vroeë Eoseen – Onlangs
Corynorhinus townsendii
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Infraklas:
Superorde:
Orde:
Chiroptera

Subordes

Sien artikel.

Wêreldwye verspreiding van vlermuise

'n Vlermuis is 'n soogdier wat kan vlieg. Hulle behoort tot die orde Chiroptera. Vlermuise is almal skemer- of nagdiere. Omdat sommige spesies nie goed in die donker kan sien nie, het hulle 'n soort natuurlike sonar ontwikkel (eggolokalisering) waarmee voorwerpe in vlug geïdentifiseer en gelokaliseer kan word.

Vlermuise word gejag omdat hulle skade in vrugteboorde aanrig en siektes aan vee oordra. Die vergiftiging van insekte en die uitroeiing van die natuurlike habitat hou 'n groot bedreiging vir dié soogdiere in. Hoewel daar ander soogdiere is wat met behulp van groot velplooie deur die lug kan beweeg, byvoorbeeld die vlieënde maki's (orde Dermoptera), word vlermuise as die enigste soogdiere beskou wat werklik kan vlieg omdat hulle in die lug kan bly deur hulle vlerke te klap.

Daar word algemeen aanvaar dat die besondere vermoë geleidelik ontwikkel het en dat vlermuise, net soos die landlewende insekvretende soogdiere (orde Insectivora), van die uitgestorwe boombewoners Trituberculata afstam. Fossiele dui bowendien daarop dat vlermuise reeds gedurende die Eoseen (50 miljoen jaar gelede) geleef het.

  1. Eick, G.N.; Jacobs, D.S.; Matthee, C.A. (2005). "A Nuclear DNA Phylogenetic Perspective on the Evolution of Echolocation and Historical Biogeography of Extant Bats (Chiroptera)". Molecular Biology and Evolution. 22 (9): 1869. doi:10.1093/molbev/msi180. PMID 15930153. Several molecular studies have shown that Chiroptera belong to the Laurasiatheria (represented by carnivores, pangolins, cetartiodactyls, eulipotyphlans, and perissodactyls) and are only distantly related to dermopterans, scandentians, and primates (Nikaido et al. 2000; Lin and Penny 2001; Madsen et al. 2001; Murphy et al. 2001a, 2001b; Van Den Bussche and Hoofer 2004).

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne