Vuyolwethu Zungula

Vuyolwethu Zungula

Ampsbekleër
Termynaanvang
22 Mei 2019

Ampsbekleër
Termynaanvang
2018
Voorafgegaan deur Amp gestig

Persoonlike besonderhede
Gebore 28 Augustus 1987
Alma mater Nelson Mandela-universiteit

Vuyolwethu Zungula (gebore 28 Augustus 1987) is 'n Suid-Afrikaanse politikus wat 'n stigterslid en die huidige president van die African Transformation Movement (ATM) is. Hy het 'n lid van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika in Mei 2019 geword.[1]

Hy is in Mthatha in die destydse Kaapprovinsie gebore. Hy het 'n graad by die Nelson Mandela-universiteit verwerf. Hy studeer tans vir 'n honneurs graad deur die Universiteit van Suid-Afrika.[1]

As lid van die parlement is hy lid van die volgende komitees:

  • Portefeuljekomitee vir landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling
  • Portefeuljekomitee vir justisie en korrektiewe dienste
  • Portefeuljekomitee vir minerale bronne en energie
  • Portefeuljekomitee vir kleinsake-ontwikkeling
  1. 1,0 1,1 It’s about ideology, rather than biology for ATM’s 31-year-old leader. Besoek op 26 Mei 2020.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne