Werkvloei

'n Werkvloei is 'n betroubaar herhalende patroon van aktiwiteite wat die gevolg is van 'n sistematiese organisering van hulpbronne, gedefinieerde rolverdeling en massa-, energie- en inligtingsvloeie wat dan saam 'n werksproses vorm wat gedokumenteer en aangeleer kan word. Werkvloeie word altyd ontwerp met die een of ander prosesdoelwit voor oë, soos om fisiese verandering te vermag, 'n diens te verskaf of om inligting te verwerk.

Werkvloeibegrippe het dikwels noue verbintenisse met ander begrippe wat gebruik word om organisasiestrukture te beskryf, soos silos, funksies, spanne, projekte, beleid en hiërargie. Werkvloeie kan gesien word as die basiese boustene van 'n organisasie. Verskeie sagteware is op die mark beskikbaar wat dit vir gebruikers moontlik maak om ingewikkelde inligtingsverwerking in 'n visuele vorm voor te stel in die vorm van 'n vloeidiagram.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne