Engelse Wikipedia

Engelse Wikipedia
Tipe webblad Wiki
Taal(e) Engels
Registrasie Opsioneel
Eienaar Wikimedia Stigting
Opgerig 15 Januarie 2001
Huidige status Aktief
URL en.wikipedia.org
Vergelyking met ander Wikipedia-weergawes
Oorsprong van die artikels
Lande waar die Engelse Wikipedia die belangrikste weergawe is.[1]
Top 25 lande volgens oorsprong van die gebruikers.[2]

Die Engelse weergawe van Wikipedia was die eerste uitgawe van hierdie aanlynensiklopedie en is op 15 Januarie 2001 begin.[3] Na omtrent vyf jaar is die miljoenste artikel in Maart 2006 geskep. Hiermee laat hulle die ander Wikipedias, soos die Duitse, Franse en die Nederlandse Wikipedias, ver agter.[4] Slegs een-en-'n-halfjaar later, op 9 September 2007 bereik die Engelstalige Wikipedia reeds hulle tweemiljoenste artikel, op 17 Augustus 2009 hulle driemiljoenste artikel, op 13 Julie 2012 hulle viermiljoenste artikel, op 1 November 2015 hulle vyfmiljoenste artikel en op 23 Januarie 2020 hulle sesmiljoenste artikel.

Die Simple English Wikipedia (simplewiki) is 'n variasie waarin die meeste artikels slegs van basiese Engelse woordeskat gebruik maak. Daar is ook die Ou-Engelse (Ænglisc/Angelsaksiese) Wikipedia (angwiki), sowel as 'n toets of  "broeikas"-weergawe vir die Middel-Engelse Wikipedia (emmwiki).

  1. Zachte, Erik (14 November 2011). "Wikimedia Traffic Analysis Report – Wikipedia Page Views Per Country – Trends" (in Engels). Wikimedia Statistics. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 November 2019. Besoek op 19 Januarie 2011.
  2. Zachte, Erik (14 November 2011). "Wikimedia Traffic Analysis Report – Page Edits Per Wikipedia Language – Breakdown" (in Engels). Wikimedia Statistics. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Junie 2020. Besoek op 19 Januarie 2011.
  3. (en) en:Wikipedia Engelse artikel oor Wikipedia
  4. (en) en:English Wikipedia en:Special:PermanentLink/58515322

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne