Gauteng

Gauteng

Wapen
Die ligging van Gauteng
Oppervlak 18 178 vk km
Bevolking (2011)[1] 12 272 263
Bevolking (2020 skat) 15 488 137
Bevolkingsdigtheid 680 / vk km
Tale[1] Zoeloe (17,8%), Engels (14,3%), Afrikaans (13,8%), Suid-Sotho (11,6%), Noord-Sotho (10,6%)
Etniese verdeling[1] Swart mense (74,1%), Wit mense (19,1%),
Bruin mense (3,5%),
Asiërs (2,6%)
Hoofstad Johannesburg
Premier Panyaza Lesufi
(ANC)

Gauteng is die provinsie van Suid-Afrika met die hoogste bevolkingskonsentrasie met 'n sterk handel- en nywerheidsontwikkeling. Die vernaamste stede is Pretoria en Johannesburg.

Die Johannesburgse stadsaal, setel van die Gautengse provinsiale regering

Gauteng is voorheen die PWV genoem (Pretoria-Witwatersrand-Vereeniging). Die naam Gauteng is 'n Sotho-woord wat "Plek van goud" beteken en is 'n ontlening aan Afrikaans "goud". Die provinsie het in Mei 1994 tot stand gekom toe die ou provinsie Transvaal in vier verskillende provinsies verdeel is.

Die provinsiale hoofstad Johannesburg is die grootste stad in Suid-Afrika. Pretoria, sowat 50 km noord van Johannesburg, is Suid-Afrika se administratiewe hoofstad. Nog belangrike plekke is Alberton, Benoni, Boksburg, Brakpan, Centurion (deel van Tshwane Metropool (Pretoria)), Germiston, Heidelberg, Kemptonpark, Krugersdorp, Midrand, Randburg, Roodepoort, Springs, Soweto (deel van Johannesburg), Vanderbijlpark en Vereeniging.

  1. 1,0 1,1 1,2 statssa.gov.za Geargiveer 25 Desember 2018 op Wayback Machine – 2011-sensus

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne