Provinsies van Suid-Afrika

Kaart van Suid-Afrika met die nuwe provinsiale grense (2009)

Suid-Afrika het tot 1994 uit slegs vier provinsies bestaan: Transvaal, Oranje-Vrystaat, Natal en die Kaapprovinsie. Sedert 1994 is die land verdeel in nege provinsies (die provinsie se hoofstad volg in hakies op die provinsie se naam):

  1. Wes-Kaap (Kaapstad)
  2. Noord-Kaap (Kimberley)
  3. Oos-Kaap (Bhisho)
  4. KwaZulu-Natal (Pietermaritzburg)
  5. Vrystaat (Bloemfontein)
  6. Noordwes (Mahikeng)
  7. Gauteng (Johannesburg)
  8. Mpumalanga (Nelspruit[1])
  9. Limpopo (Polokwane[2])
  1. Die stad is ook sedert 2009 bekend as Mbombela
  2. Voorheen bekend as Pietersburg

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne