Soekenjin

Kentekens van die meer bekende soekenjins.

'n Soekenjin is 'n rekenaarprogram wat ontwerp is om deur groot hoeveelhede inligting te soek. Die gebruiker verskaf sleutelwoorde waarna gesoek moet word, waarna die soekenjin 'n lys van relevante resultate lewer. 'n Soekenjin maak gebruik van 'n algoritme wat besluit watse resultate belangriker is as ander, en rangskik daarna die belangrikste resultate heel bo (of volgens voorkeure). Inligting waardeur gesoek kan word sluit in: webbladsye, beelde, en ander lêertipes. Sekere soekenjins kan ook data in nuusgroepe en databasisse deursoek.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne