Swart mense

Bekende swart mense van die VSA
Swart kinders in Namibië

Swart mense is 'n term wat in sekere lande gebruik word, dikwels in sosiaal gegronde stelsels van rasse-klassifikasie of etnisiteit, om mense met donker gelaatstrekke te beskryf teenoor ander bevolkingsgroepe. Die betekenis van die uitdrukking verskil ook baie wyd, beide tussen en in gemeenskappe, en hang baie af van konteks. Vir baie ander indiwidue, gemeenskappe en lande word "swart" as 'n neerhalende, uitgediende, of andersins as 'n onverteenwoordigende etiket beskou, en word dit gevolglik nie gebruik of gedefinieer nie.

Verskillende gemeenskappe pas verskillende kriteria toe van wie word as "swart" geklassifiseer, en hierdie sosiale verskille het ook deur die jare verander. In 'n aantal lande beïnvloed maatskaplike veranderlikes klassifikasie net soveel as die kleur van iemand se vel, en die sosiale kriteria vir "swartheid" wissel. Byvoorbeeld in Noord-Amerika is die term swart mense nie noodwendig 'n aanduiding van 'n persoon se velkleur of sy etnisiteit nie, maar is eerder 'n sosiaalgegronde rasse-klassifikasie wat verband hou daarmee of die indiwidu 'n Afro-Amerikaner is met geskiedenis wat met die geïnstitusionaliseerde slawerny vereenselwig kan word. In Suid-Afrika en Latyns-Amerika word daar nie noodwendig na gemengde rasse as "swart" gekyk nie. In ander streke soos Australasië het setlaars die term "swart" gebruik, Andersins was dit ook deur die plaaslike bevolking met die verskillende geskiedkundige agtergrond en verskillende voorvaderlike agtergrond gebruik om te identifiseer.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne