Verenigde State van Amerika

Hierdie artikel handel oor die land in Noord-Amerika. Vir ander gelyknamige state, sien Verenigde State (dubbelsinnig).
Verenigde State van Amerika
United States of America (Engels)
Vlag van die Verenigde State Groot Seël van die Verenigde State
Vlag Groot Seël
Nasionale leuse: In God We Trust
(sedert 1956 amptelik)
Ander tradisionele leuses:
E Pluribus Unum
(Latyn vir: "Uit baie, een")
Annuit cœptis
(Latyn vir: "Hy het ons ondernemings bevoordeel")
Novus ordo seclorum
(Latyn vir: "Nuwe orde van die eeue")
Volkslied: The Star-Spangled Banner

Mars: The Stars and Stripes Forever[1]
Ligging van die Verenigde State
Hoofstad Washington, D.C.

38°53′N 77°01′W / 38.883°N 77.017°W / 38.883; -77.017

Grootste stad New York

40°43′N 74°00′W / 40.717°N 74.000°W / 40.717; -74.000

Amptelike tale Geen op federale vlak nie1
Engels (de facto)2
Regering

President
• Adjunkpresident
Huis-spreker
• Hoofregter
Federale presidensiële
grondwetlike republiek
Joe Biden (D)
Kamala Harris (D)
Kevin McCarthy (R)
John Roberts
Onafhanklikheid
• Verklaar
• Konfederasie
Vrede van Parys
• Huidige grondwet
• Laaste kerkreg toegelaat
van Groot-Brittanje
4 Julie 1776
1 Maart 1781
3 September 1783
21 Junie 1788
24 Maart 1976
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
9 857 306[2]</ref>[3] km2  (3/4de)
3 796 742 myl2
4,66 (2015)[4]
Bevolking
 - 2022-skatting
 - 2020-sensus
 - Digtheid
 
333 287 557[5] (3de)
331 449 281[6]
33,6 / km2 (185ste)
87 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2023-skatting

$26 855 miljard[7] (2de)
$80 035[7] (8ste)

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2023-skatting

$26 855 miljard[7] (1ste)
$80 035[7] (7de)

MOI (2021) 0,921[8] (21ste)  –  baie hoog
Gini (2020) 39,7[9] –  hoog
Geldeenheid Dollar ($) (USD)
Tydsone
 - Somertyd
(UTC-05 tot -10)
(UTC-04 tot -10)
Internet-TLD .us .gov .mil .edu
Skakelkode +1
1. Engels is die amptelike taal van 28 deelstate. Engels en Hawaiis is beide amptelike tale in die deelstaat Hawaii. Verder het Nieu-Meksiko en Louisiana wette wat die gebruik van onderskeidelik Spaans en Frans toelaat.
2. Engels is die de facto taal van die Amerikaanse regering en die enigste taal wat deur 82% Amerikaners ouer as vyf tuis gepraat word. Spaans is die tweede mees gesproke taal.

Die Verenigde State van Amerika (dikwels afgekort tot Verenigde State, VS of VSA; Engels: United States of America of USA), in die omgangstaal ook net Amerika[n 1] genoem,[10] is 'n federale republiek in die Westelike Halfrond wat uit vyftig deelstate, 'n federale distrik, vyf groter selfregerende gebiede en enkele kleiner eilandbesittings in die Stille Oseaan en die Karibiese See bestaan. 48 van sy deelstate en die federale distrik lê in Sentraal-Noord-Amerika tussen die Stille Oseaan in die weste en die Atlantiese Oseaan in die ooste en word in die noorde deur Kanada en in die suide deur Meksiko begrens. Die deelstaat Alaska lê in die noordweste van die Noord-Amerikaanse vasteland en grens in die ooste aan Kanada, terwyl dit in die weste deur die Beringstraat van die Russiese Federasie geskei word. Die deelstaat Hawaii is 'n eilandgroep in die middel van die Stille Oseaan.

Die vlag van die VSA. Die rooi en wit bane versinnebeeld die dertien oorspronklike kolonies en deelstate, die sterre die huidige vyftig deelstate

Die Verenigde State beslaan altesaam veertig persent van die Noord-Amerikaanse vasteland. Met meer as 9,8 miljoen vierkante kilometer (byna 3,8 miljoen vierkante myl) en 'n bevolking van sowat 331,4 miljoen is die VSA die derde grootste land ter wêreld ten opsigte van sy oppervlakte en bevolking. Sy grondgebied strek oor nege amptelike tydsones. Met 'n bruto binnelandse produk van meer as 26 855 miljard VSA-$ in 2023 is die VSA naas die Volksrepubliek China die tweede grootste ekonomie ter wêreld.[7]

Die Verenigde State van Amerika is 'n federale presidensiële grondwetlike republiek met 'n tweekamerparlement, die Kongres, wat uit die Senaat en die Huis van Verteenwoordigers bestaan. Die hoofstad van die VSA is Washington, D.C., wat nie deel uitmaak van een van die vyftig deelstate nie, maar in die federale Distrik Columbia geleë is.

Die grondgebied van die Verenigde State is oorspronklik deur 'n verskeidenheid stamme van die Eerste Nasies bewoon. Met die Europese kolonisasie deur Britte, Franse en Spanjaarde en grootskaalse immigrasie van dwarsoor die wêreld het die VSA tot een van die etnies, sosiaal en godsdienstig mees diverse lande ter wêreld ontwikkel.[11]

Die Verenigde State is deur dertien kolonies gestig, wat na aanleiding van die Amerikaanse Onafhanklikheidsoorlog hulle onafhanklikheid van Groot-Brittanje op 4 Julie 1776 verklaar en hulle grondwet, die Artikels van die Konfederasie, op 1 Maart 1781 bekragtig het. Die huidige grondwet is op 17 September 1787 aangeneem.[12] Die oppervlakte van die VSA is gedurende die 19de eeu deur gebiede, wat van Frankryk en Meksiko gekoop is, aansienlik uitgebrei. Met die ekonomiese agteruitgang van die Sowjetunie in 1991 het die VSA die enigste oorblywende supermoondheid geword wat 'n oorheersende ekonomiese, politieke, kulturele en militêre invloed dwarsoor die wêreld uitoefen.[13][14]

  1. (en) "uscode.house.gov". Public Law 105–225, 12 Augustus 1998. uscode.house.gov. 12 Augustus 1999. pp. 112 Stat. 1263. Besoek op 20 Januarie 2021. Section 304. "The composition by John Philip Sousa entitled "The Stars and Stripes Forever" is the national march."
  2. (en) "State Area Measurements and Internal Point Coordinates". Amerikaanse Sensuskantoor. Augustus 2010. Besoek op 13 Augustus 2023.
  3. (en) "United States". Central Intelligence Agency. Besoek op 13 Augustus 2023.
  4. (en) "Surface water and surface water change". OESO. Besoek op 20 Januarie 2021.
  5. (en) "Growth in U.S. Population Shows Early Indication of Recovery Amid COVID-19 Pandemic". Amerikaanse Sensuskantoor. Besoek op 13 Augustus 2023.
  6. (en) "Decennial Census by Decade". Amerikaanse Sensuskantoor. 1 April 2020. Besoek op 13 Augustus 2023.
  7. 7,0 7,1 7,2 7,3 7,4 (en) "United States". Internasionale Monetêre Fonds. April 2023. Besoek op 13 Augustus 2023.
  8. (en) "Human Development Report 2021/2022" (PDF). United Nations Development Programme. 2021. Besoek op 13 Augustus 2023.
  9. (en) "Gini index – United States". Wêreldbank. Besoek op 13 Augustus 2023.
  10. (en) Wilson, Kenneth G. (1993). The Columbia Guide to Standard American English. New York: Columbia University Press, bl. 27–28. ISBN 0-231-06989-8.
  11. (en) Adams, J.Q., and Pearlie Strother-Adams (2001). Dealing with Diversity. Chicago: Kendall/Hunt. ISBN 0-7872-8145-X.
  12. (en) Dull, Jonathan R. (2003). "Diplomacy of the Revolution, to 1783," bl. 352, chap. in A Companion to the American Revolution, ed. Jack P. Greene and J. R. Pole. Maiden, Mass.: Blackwell, bl. 352–361. ISBN 1-4051-1674-9.
  13. (en) Eliot A. Cohen (2004). "History and the Hyperpower". Foreign Affairs. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Julie 2009. Besoek op 23 Julie 2009.
  14. (en) "United States of America country profile". BBC News. 22 April 2008. Besoek op 13 Augustus 2023.


Verwysingfout: <ref> tags exist for a group named "n", but no corresponding <references group="n"/> tag was found


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne