Aksoem ኣኽሱም | |
---|---|
'n Straattoneel in Aksoem | |
Koördinate: 14°7′15″N 38°43′40″O / 14.12083°N 38.72778°O | |
Land | ![]() |
Streek | ![]() |
Hoogte | 2 130 m (6 990 ft) |
Bevolking | |
• Totaal | 49 523 |
Tydsone | UTC+03:00 (OAT) |
Aksoem (Tigrinja: ኣኽሱም? /'aq͡χʼsum/, Amharies: አክሱም? /'aksum/) is 'n stad in die verre noorde van Ethiopië, in die sone Mehakelegnaw van die Tigrai-streek, taamlik na aan die grens met Eritrea. In 2007 het dit 'n bevolking van 49 523 gehad.
In die verlede was dit die hoofstad van die Koninkryk Aksoem. Sedert 1980 is dit 'n wêrelderfenisgebied van Unesco. Belangrike besienswaardighede is die katedraal van Onse Heilige Maria van Sion, waar die verbondsark volgens oorlewering sou gestaan het, 'n veld met obeliske en die paleise van Kaleb en die koningin van Skeba. Noordoos van Aksoem is die klooster Debre Damo, wat moontlik van die 6de eeu dateer.