Bundeswehr

Bundeswehr
Land Duitsland
Tipe Gewapende Magte
Spesialisasie Weermag, Vloot, Lugmag, Kuber en Inligtingruimte
Hoofkwartier Eerste kantoor: Hardthöhe (Bonn), Tweede kantoor: Bendlerblock (Berlyn)
Opperbevelvoerder In vredestyd: Minister van Verdediging Boris Pistorius
In geval van verdediging: Kansellier Olaf Scholz
Militêre bevelvoerder: Generaal Carsten Breuer
Aantal lede 182.857[1]
Jaarbegroting 71,75 EUR
(~78 Mrd. USD) (2024)[2]
% van BBP 2,12% (2024)[3]

Die Bundeswehr (letterlik Federale Verdediging) is die gewapende magte van die Bondsrepubliek Duitsland. Die Bundeswehr is verdeel in 'n militêre deel (gewapende magte of Streitkräfte) en 'n burgerlike deel, die militêre deel bestaan uit die Duitse Leër, die Duitse Vloot, die Duitse lugmag, die gesamentlike ondersteuningsdiens, die gesamentlike mediese diens en die kuber en Inligtingsdomeindiens.

Op 31 Januarie 2025 het die Bundeswehr 'n sterkte van 182 857 militêre personeellede en 80 973 burgerlikes gehad,[1] wat dit onder die 30 grootste militêre magte ter wêreld geplaas het, en die derde grootste in die Europese Unie naas Pole en Frankryk. Daarbenewens het die Bundeswehr ongeveer 34 600 reserwepersoneel (2025). Met Duitse militêre uitgawes op $78 miljard (2024),[2] is die Bundeswehr die sewende hoogste befondsde weermag in die wêreld, hoewel militêre uitgawes tot onlangs laag gebly het teen 'n gemiddeld van 2,12% van nasionale BBP,[3] ver onder die nie-bindende NAVO-teiken van 2%. In 2024 het Duitsland NAVO-verpligtinge nagekom om 2% van sy BBP aan sy gewapende magte te bestee. Duitsland beoog om die Bundeswehr teen 2025 tot ongeveer 203 000 soldate uit te brei om toenemende verantwoordelikhede beter te hanteer.

Na aanleiding van kommer oor die Russiese inval in Oekraïne, het Duitsland 'n groot verskuiwing in beleid aangekondig en 'n spesiale fonds van €100 miljard vir die Bundeswehr belowe - om jare se onderinvestering reg te stel - tesame met die verhoging van die begroting tot bo 2% BBP.[4]

  1. 1,0 1,1 "Personalzahlen der Bundeswehr" (in Duits). Bundeswehr.de. 17 Maart 2025. Besoek op 24 Maart 2025.
  2. 2,0 2,1 "Verteidigungshaushalt" (in Duits). bmvg.de. Besoek op 24 Maart 2025.
  3. 3,0 3,1 "Defence Expenditure of NATO Countries (2014-2024)" (PDF) (in Engels). nato.int. 17 Junie 2024. Besoek op 24 Maart 2025.
  4. "Mehr als 100 Milliarden Euro für die Bundeswehr – für unsere Sicherheit" (in Duits). bmvg.de. 27 Februarie 2022. Besoek op 24 Maart 2025.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne