Colombo

Colombo
කොළඹ
கொழும்பு

Kaart Wapen
Vlag
 Land Vlag van Sri Lanka Sri Lanka
 Provinsie Westelike Provinsie
 Koördinate 06°56′N 79°51′O / 6.933°N 79.850°O / 6.933; 79.850
 Stigting 5de eeu n.C.
 Oppervlakte:  
 - Totaal 37,31 vk km
 Hoogte bo seevlak
 Bevolking:  
 - Totaal (2011) 752 993
 - Bevolkingsdigtheid 20 182/vk km
 - Metropolitaanse gebied 5 648 000
 Tydsone UTC +05:30
 Burgemeester Uvais Mohamed Imitiyas
 Amptelike webwerf colombo.mc.gov.lk

Colombo, of somtyds in Afrikaans: Kolombo, (Singalees: කොළඹ, Kolamba, [ˈkəlɐmbɞ]; Tamil: கொழும்பு, Kozhumpu, [koɻumbu]) is die kommersiële hoofstad en grootste stad van Sri Lanka. Die stad het 'n bevolking van 752 993 in 2011 gehad en beslaan 'n oppervlakte van 37,31 km². Dit is noordwes van die administratiewe hoofstad Sri Jayawardenepura Kotte langs die weskus aan die Indiese Oseaan geleë.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne