Gammastraling

Die uitstraling van ’n gammastraal (γ) uit ’n atoomkern.
Gammastrale word vrygestel tydens ’n kernsplyting in kernontploffings.

Gammastraling (simbool: γ) is een van die drie belangrikste vorme van radioaktiwiteit. Dit is – anders as alfa- of betastralingelektromagnetiese golwe met baie hoë vlakke van energie en ’n hoë frekwensie. Gammastrale kan met X-strale vergelyk word, behalwe dat hulle korter golflengtes het.

Paul Villard, ’n Franse chemikus en fisikus, het gammastraling in 1900 ontdek terwyl hy straling bestudeer het wat deur radium vrygestel word. In 1903 het die Britse fisikus Ernest Rutherford dié soort bestraling "gammastrale" genoem vanweë hul relatief sterk deurdringingsvermoë; hy het voorheen twee minder deurdringbare soorte vervalstraling ontdek wat hy alfa- en betastrale genoem het.[1]

  1. E. Rutherford (1903) "The magnetic and electric deviation of the easily absorbed rays from radium", Philosophical Magazine, Reeks 6, vol. 5, no. 26, ble. 177–187.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne