Gratianus | |
---|---|
67ste Keiser van die Romeinse Ryk | |
![]() 'n Solidus van Gratianus
| |
Regeer | 24 Augustus 367 – 17 November 375 (junior Augustus van die weste onder sy vader) 17 November 375 – 9 Augustus 378 (senior Augustus van die weste, met sy broer as junior) 9 Augustus 378 – 19 Januarie 379 (senior Augustus van die hele ryk, saam met sy broer) 19 Januarie 379 – 25 Augustus 383 (senior Augustus in die weste met sy broer) |
Volle naam | Flavius Gratianus Augustus |
Gebore | 18 April/23 Mei 359; Sirmium (nou Sremska Mitrovica, Serwië) |
Oorlede | 25 Augustus 383 (op 24); Lyon (nou Frankryk) |
Voorganger | Valentinianus I |
Opvolgers | Magnus Maximus, Theodosius I en Valentinianus II |
Adellike huis | Valentiniaanse dinastie |
Vader | Valentinianus I |
Moeder | Marina Severa |
Eggenote | Flavia Maxima Constantia Laeta |
Godsdiens | Christendom |
Flavius Gratianus Augustus (18 April/23 Mei 359 – 25 Augustus 383), bekend as Gratianus was die keiser van die Wes-Romeinse Ryk van 375 tot 383. Hy was die seun van Valentinianus I en Marina Severa.
In 367 stel keiser Valentinianus I sy agtjarige seuntjie Gratianus aan die soldate voor as sy mede-Augustus om 'n erflike dinastie te vestig.[1] Sy pa is in 367 dalk deur 'n hartaanval dood, toe Gratianus in Trier was en op 24 Augustus het hy self keiser geword, maar sy broertjie Valentinianus II wat net vier jaar oud was, is naas hom en Valens as derde keiser benoem.[2] Gratianus wysig sy pa se taamlik harde beleid teenoor die senaat. Op 1 Januari 376 word 'n oratio in die senaat voorgelees waarin aangekondig word dat 'n paar van sy pa se Pannoniese amptenare wat die aristokasie van Rome geteister het, soos die praefectus annonae en vicarius urbis Maximinus ontslaan word. Maximinus word later in hierdie jaar vir sy wandade tereggestel.[3]
Daar is onrus aan die Ryn en in Tirol in 378, maar Gratianus behaal naby Colmar in die huidige Elsas 'n oorwinning wat die Lentienses, 'n stam wat in die Swartwoud woon tot gehoorsaamheid dwing.[4]
<ref>
tag; no text was provided for refs named Hodgkin