Griekeland

Helleense Republiek
Ελληνική Δημοκρατία
Ellinikí Dimokratía (Grieks)
Vlag van Griekeland Wapen van Griekeland
Vlag Wapen
Nasionale leuse: Ελευθερία ή Θάνατος
Eleftheria i Thanatos
(Grieks vir: "Vryheid of Dood")
Volkslied: Ὕμνος εἰς τὴν Ἐλευθερίαν
Ymnos is tin Eleftherian
(Grieks vir: "Volkslied van Vryheid")
Ligging van Griekeland
Hoofstad Athene

37°58′N 23°43′O / 37.967°N 23.717°O / 37.967; 23.717

Grootste stad Athene
Amptelike tale Grieks
Regering Unitêre parlementêre
grondwetlike republiek
Konstantinos Tasoulas
Kyriakos Mitsotakis
Onafhanklikheid
• Griekse Onafhanklikheidsoorlog
• Verklaar
• Erken
• Derde Helleense Republiek
• Huidige grondwet
van die Ottomaanse Ryk
25 Maart 1821
15 Januarie 1822
3 Februarie 1830
24 Julie 1974
11 Junie 1975
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
131 957[1] km2  (97ste)
50 949 myl2
1,51 (2015)[2]
Bevolking
 - 2024-skatting
 - 2022-sensus
 - Digtheid
 
10 461 091[1] (90ste)
10 432 481[3]
79,3 / km2 (105de)
205,3 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2025-skatting

$453,406 miljard[4] (54ste)
$43 801[4] (48ste)

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2025-skatting

$265,171 miljard[4] (52ste)
$25 616[4] (46ste)

MOI (2022) 0,893[5] (33ste)  –  baie hoog
Gini (2023) 31,8[6] –  medium
Geldeenheid Euro (€) (EUR)
Tydsone
 - Somertyd
OET (UTC+2)
OEST (UTC+3)
Internet-TLD .gr
Skakelkode +30

Griekeland (Grieks: Ελλάδα = Elláda), amptelik die Helleense Republiek (Ελληνική Δημοκρατία, Ellinikí Dimokratía), is 'n republiek in Suidoos-Europa, bestaande uit die suidelikste deel van die Balkanskiereiland en 'n groot aantal eilande. Hierdie eilande vorm saam ongeveer 'n vyfde van die totale landoppervlakte van Griekeland.

Wit huise teen die blou agtergrond van die see. 'n Uitsig oor Oia op die eiland Santorini

Griekeland word dikwels as 'n land van berge en die see beskryf. Geen plek is verder as 80 kilometer vanaf die kus geleë nie, en dit is langs die kuslyn waar die meeste groot nedersettings ontstaan het. Sowat 'n derde van die Griekse bevolking is in Groter Athene saamgetrek, 'n uitgestrekte metropolitaanse gebied wat uit die hoofstad en sy seehawe Piraeus bestaan. Ook Thessaloniki, die tweede grootste stad, is 'n belangrike seehawe vir sowel Noord-Griekeland asook die suidelike Balkanskiereiland. 'n Derde van die Griekse bevolking woon in kleiner landelike nedersettings.

Die natuurskoon van Griekeland kontrasteer met die swak grond wat landbouaktiwiteite beperk. Tradisioneel het baie Grieke 'n bestaan van vissery gemaak, en vis was al 'n belangrike stapelvoedsel vir die bewoners van antieke Griekse stadstate. Seevaart was ewe belangrik. In die bloeitydperk van klassieke Griekeland, vanaf 1000 v.C., het Griekse setlaars 'n groot aantal kolonies langs die kuste van die Middellandse See en die Swartsee gestig.

Vir 'n kort tydperk het die Masedoniese heerser Alexander die Grote in die 4de eeu v.C. selfs 'n Griekse ryk gestig wat vanuit die Donaurivier na die huidige Turkye en die Midde-Ooste en verder ooswaarts na die Indiese Indusvallei gestrek het.

Daarnaas het die antieke Grieke belangrike bydraes tot die westerse filosofie, beeldhoukuns, argitektuur en literatuur gelewer. Die Griekse stadstate word as die bakermat van die westerse beskawing en sy demokratiese regeringstelsel beskou.

  1. 1,0 1,1 (en) "Greece". Central Intelligence Agency. Besoek op 19 Maart 2025.
  2. (en) "Surface water and surface water change". OESO. Besoek op 19 Maart 2025.
  3. (en) "Αποτελέσματα Απογραφής Πληθυσμού – Κατοικιών 2021". Helleniese Statistieke Owerheid. 19 Julie 2022. Besoek op 19 Maart 2025.
  4. 4,0 4,1 4,2 4,3 (en) "Greece". Internasionale Monetêre Fonds. Oktober 2024. Besoek op 19 Maart 2025.
  5. (en) "Human Development Report 2023/2024" (PDF). United Nations Development Programme. 13 Maart 2024. Besoek op 19 Maart 2025.
  6. (en) "Gini coefficient of equivalised disposable income – EU-SILC survey". Eurostat. Besoek op 19 Maart 2025.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne