Kaaimanseilande

Kaaimanseilande
Cayman Islands (Engels)
Vlag van die Kaaimanseilande Wapen van die Kaaimanseilande
Vlag Wapen
Nasionale leuse:
He hath founded it upon the seas
(Engels vir: "Hy het dit gegrond op die seë")
Volkslied: God Save the King
(Engels vir: "God beskerm die koning")

Nasionale lied: Beloved Isle Cayman
Ligging van die Kaaimanseilande
Hoofstad George Town

19°20′N 81°24′W / 19.333°N 81.400°W / 19.333; -81.400

Grootste stad George Town
Amptelike tale Engels
Regering

Monarg
• Goewerneur
Eerste Minister
Parlementêre demokrasie binne
’n grondwetlike monargie
Charles III
Jane Owen
Julianna O'Connor-Connolly
Onafhanklikheid
Stigting
• Britse bewind
• Selfregering
Britse oorsese gebied
• Huidige grondwet


1670
4 Julie 1959
6 Augustus 1962
6 November 2009
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
264[1] km2  (210de)
102 myl2
1,6
Bevolking
 - 2024-skatting
 - Digtheid
 
66 653[1] (204de)
252,5 / km2 (54ste)
653,5 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2023-skatting

$5,705 miljard[1] (179ste)
$78 100[1] (11de)

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2023-skatting

$7,14 miljard (160ste)
$97 750[2] (7de)

MOI (2013) 0,888 ()  –  baie hoog
Geldeenheid Dollar (KYD)
Tydsone
 - Somertyd
(UTC-5)
Nie toegepas nie (UTC-5)
Internet-TLD .ky
Skakelkode +1-345

Die Kaaimanseilande (Engels: Cayman Islands) is 'n selfregerende oorsese gebied van die Verenigde Koninkryk in die Wes-Indiese Eilande, noordwes van Jamaika en suidwes van Kuba. Die eilande het in 2024 'n bevolking van 66 653 gehad en dit is die grootste sodanige gebied volgens bevolking.

Die gebied van 264 km² bestaan uit drie eilande: Groot-Kaaiman, Kaaiman-brac en Klein-Kaaiman, wat suid van Kuba en noordoos van die Honduras lê, tussen Jamaika en Meksiko se Yucatán-skiereiland. Die hoofstad en grootste stad is George Town op Groot-Kaaiman, die digs bevolkte eiland van die drie.

Die Kaaimanseilande word beskou as deel van die geografies westelike Karibiese sone sowel as die Groot-Antille. Met 'n BBP per capita van VS$109 684 het die Kaaimanseilande die hoogste lewenstandaard in die Karibiese gebied en een van die hoogstes in die wêreld.[3] Immigrante van meer as 140 lande en gebiede woon op die eilande.[4]

Dit is 'n groot finansiële sentrum vir internasionale sakelui en ryk individue, grootliks omdat geen belasting op inkomste betaal word nie.[5] Baie handelsbanke se hoofkantore is ook hier gevestig.

Die meeste inwoners van die Kaaimanseilande is veelrassige (swart en wit) Engelssprekendes.

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 (en) "Cayman Islands". Central Intelligence Agency. Besoek op 4 Mei 2025.
  2. (en) "Cayman Islands". Wêreldbank. 2023. Besoek op 4 Mei 2025.
  3. "Cayman Islands – Place Explorer". Data Commons. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Augustus 2022. Besoek op 19 Maart 2022.
  4. Boxall, Joanna (18 Februarie 2021). "Facts & Figures of the Cayman Islands". Cayman Resident. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Maart 2022. Besoek op 19 Maart 2022.
  5. Rogoff, Natasha Lance (19 Februarie 2004). "Tax me if you can. Haven or Havoc?". Pbs.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Februarie 2004. Besoek op 25 Augustus 2017.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne