Keulen

Keulen

Kaart Wapen
Vlag
 Land Vlag van Duitsland Duitsland
 Deelstaat Noordryn-Wesfale
 Koördinate 50°56′N 6°57′O / 50.933°N 6.950°O / 50.933; 6.950
 Stigting 50 n.C.
 Stadstatus 1475 (Vrye Ryksstad)
 Oppervlakte:  
 - Totaal 405,01 vk km
 Hoogte bo seevlak 53 m
 Bevolking:  
 - Totaal (31 Desember 2023) 1 024 408[1]
 - Bevolkingsdigtheid 2 529/vk km
 - Metropolitaanse gebied 2 700 000
 Tydsone UTC +1 (MET)
 - Somertyd UTC +2 (MEST)
 Klimaat  
 - Tipe Gematigde klimaat
 - Gemiddelde jaarlikse temperatuur 10 °C
 - Gem. temp. Januarie/Julie 2,4 / 18,3 °C
 - Gemiddelde jaarlikse neerslae 798 mm
 Burgemeester Henriette Reker[2]
 Amptelike webwerf www.stadt-koeln.de

Keulen (Duits: Köln, , plaaslik: Kölle; Frans en Engels: Cologne) is die vierde grootste stad in Duitsland en die grootste stad van die westelike deelstaat Noordryn-Wesfale. Die stad aan die Ryn gaan terug op 'n Romeinse nedersetting en is met sy meer as 2 000-jarige geskiedenis een van die oudste stede in Duitsland. Sedert 30 Junie 2010 is Keulen die vierde miljoenestad in Duitsland ná Berlyn, Hamburg en München.

'n Lugbeeld van Keulen met die katedraal en Hohenzollern-brug

Vandag is Keulen die ekonomiese, kulturele en geskiedkundige sentrum van die Rynland. Die Universiteit van Keulen en ander hoëronderwysinstellings het altesaam meer as 85 000 studente. Sy ligging aan die Ryn, die belangrikste Duitse rivier, en by die kruispunt van belangrike handelsroetes maak van Keulen ook 'n eersterangse Europese vervoersentrum. Die stad is naas New York een van die belangrikste sentrums van die internasionale kunshandel.

Vrolikheid word as een van die tipiese Rynlandse eienskappe beskou, en dit vind veral neerslag in Keulen se losbandige Karnavaltyd, wat met die optogte op Rosenmontag sy hoogtepunt bereik. Keulen staan daarnaas bekend as een van die belangrikste sentrums van gay- en lesbiese kultuur in Duitsland. Meer as 175 000 Keulenaars is van buitelandse afkoms, en die stad is dus nog steeds 'n smeltkroes van vele kulture. Keulen huisves een van die grootste Turkse gemeenskappe in Duitsland en is ook die setel van 'n aantal Islamitiese organisasies.

  1. (de) "Sonderveröffentlichung (ab 2022): Bevölkerungsstand Basis Zensus 2022 – Gemeinden – Stichtag". Landesdatenbank Nordrhein-Westfalen. 31 Desember 2023. Besoek op 24 Februarie 2025.
  2. (de) Inge Schürmann (22 Oktober 2015). "Oberbürgermeisterin Henriette Reker hat Amt angenommen". Stadt Köln – Amt für Presse- und Öffentlichkeitsarbeit. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Augustus 2019. Besoek op 22 Oktober 2015.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne