Kirke

Kirke
Griekse godin

Woonplek Aiaia
Metgesel Odusseus, Telemachos
Ouers Helios en óf Perse óf Hekate
Kinders Latinos, Telegonos, Romos, Ardeas

Kirke (Grieks: Κίρκη) is in die Griekse mitologie ’n godin en towenares.[1] Sy is die dogter van die god Helios en óf die Okeanied Perse óf die godin Hekate. Kirke was bekend vir haar groot kennis van towerdrankies en kruie. Met behulp daarvan en van ’n towerstaf kon sy haar vyande transformeer, of dié wat haar te na kom in diere verander.

  1. https://www.britannica.com/topic/Circe-Greek-mythology Encyclopedia Britannica

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne