Sesnasies-toernooi | |
Sesnasies 2026 | |
![]() | |
Die trofee waarom meegeding word
| |
Sportsoort | Rugby |
---|---|
Gestig | 1883 (as Tuisnasies) 1910 (as Vyfnasies) 2000 (as Sesnasies) |
Eienaar | RFU, FFR, IRFU, FIR, SRU, WRU |
Inwydingseisoen | 1883 (Tuisnasies) 1910 (Vyfnasies) 2000 (Sesnasies) |
Deelnemende lande | ![]() ![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
Aantal spanne | 6 |
Mees onlangse kampioen | ![]() |
Verwante kompetisies | Grand Slam Driekroon Calcuttabeker Millenniumtrofee Eeufees-quaich Giuseppe Garibaldi-trofee Auld Alliansie-trofee Doddie Weir-beker Cuttittabeker |
Borg(e) | Guinness |
Die Sesnasies-toernooi[a] is ’n jaarlikse rugbytoernooi tussen ses Europese spanne: Engeland, Frankryk, Ierland, Italië, Skotland en Wallis. Die kompetisie word geborg deur die Ierse brouery Guinness. Die huidige kampioen is Frankryk wat die 2025-toernooi gewen het.
Die Sesnasies is die opvolger van die Vyfnasies-toernooi (1910–’31 en 1947–’99) wat op sy beurt die opvolger van die Tuisnasies-toernooi (1883–1909 en 1932–’39) is. Die Tuisnasies-toernooi, gespeel tussen spanne van Engeland, Ierland, Skotland en Wallis, was die eerste internasionale rugbytoernooi.[1] Daar word soms nieamptelik in die media na die wenner van die Sesnasies-toernooi as die Europese of Noordelike Halfrond-kampioen verwys.
Beide Engeland en Wallis hou die rekord vir die meeste volslae toernooititels van die Tuisnasies, Vyfnasies en Sesnasies-toernooie met 39 titels elk, maar Engeland het met 29 die meeste ongedeelde titels gewen. Sedert die Sesnasies in 2000 ’n aanvang geneem het, het slegs Italië en Skotland die toernooi nog nie gewen nie. Skotland het wel die laaste toernooi van die Vyfnasies in 1999 gewen.[2]