Sri Lanka Krieket (Engels: Sri Lanka Cricket, afgekort “SLC”; Singalees: ශ්රී ලංකා ක්රිකට් ආයතනය; Tamil: இலங்கை துடுப்பாட்ட வாரியம்), tot in 2003 bekend as Raad vir Beheer van Krieket vir Sri Lanka (Board of Control of Cricket for Sri Lanka, “BCCSL”), is die bestuursliggaam wat krieket in Sri Lanka beheer. Die beheerliggaam is op 30 Junie 1975 gestig en by die Singalese Sportklub-krieketveld in Colombo gesetel. Sedert 1981 verteenwoordig dit Sri Lanka by die Internasionale Krieketraad (IKR) as ’n volle lid en sedert 1983 ook by die Asiatiese Krieketraad (Asian Cricket Council, ACC).