'n Stilrolprent is 'n film sonder gesinchroniseerde opgeneemde klank (of meer algemeen, geen hoorbare dialoog). Alhoewel stilfilms narratief en emosie visueel oordra, kan verskeie intrige-elemente (soos 'n omgewing of era) of sleutellyne van dialoog, wanneer nodig, oorgedra word deur die gebruik van tussentitelkaarte.
Die term "stilrolprent " is ietwat van 'n verkeerde benaming, aangesien hierdie rolprente byna altyd met lewendige klanke vergesel is. Gedurende die stille era, wat vanaf die middel 1890's tot die laat 1920's bestaan het, sou 'n pianis, teaterorrelis – of selfs, in groter stede, 'n orkes – musiek speel om die rolprente te begelei. Pianiste en orreliste speel óf van bladmusiek, óf gebruik improvisasie. Soms het 'n persoon selfs die tussentitelkaarte vir die gehoor voorgelees. Alhoewel die tegnologie om klank met die film te sinchroniseer nie destyds bestaan het nie, is musiek as 'n noodsaaklike deel van die kykervaring beskou.
"stilrolprent" word tipies as 'n historiese term gebruik om 'n era van film te beskryf voor die uitvinding van gesinchroniseerde klank, maar dit is ook van toepassing op sulke klankera films soos City Lights, Modern Times en Silent Movie wat begelei word deur 'n slegs-musiekklankbaan in die plek van 'n dialoog.