Sudbury-bekken

Sudbury-bekken
'n Satellietfoto van die Sudbury-slagstruktuur.
'n Satellietfoto van die Sudbury-slagstruktuur.
Slagstruktuur
Ander naam Sudbury-struktuur
Sekerheid Bevestig
Deursnee 130 km
Ouderdom 1 849 miljoen jaar
Paleoproterosoïkum
Boliedtipe Chondriet
Ontbloot Ja
Gebied
Land Vlag van Kanada Kanada
Provinsie Ontario
Ligging
Die ligging van die Sudbury-bekken in Kanada.

Die Sudbury-bekken, ook bekend as die Sudbury-struktuur, is 'n groot geologiese struktuur in Ontario, Kanada. Dit is sover bekend die derde grootste slagkrater op Aarde, asook een van die oudstes.[1] Die krater het 1,849 miljard jaar gelede, in die Paleoproterosoïese Era, gevorm.[2]

Die bekken is geleë op die Kanadese Skild in die stad Groter Sudbury, Ontario. Die voormalige munisipaliteite Rayside-Balfour, Valley East en Capreol lê in die Sudbury-bekken, wat plaaslik as "The Valley" bekend staan. Die stadskern van die voormalige stad Sudbury lê aan die suidelike buitewyke van die bekken.

'n Gedenkplaat is deur die provinsie opgerig om die ontdekking van die Sudbury-bekken te gedenk.[3]

  1. "Sudbury". Earth Impact Database. Planetary and Space Science Centre University of New Brunswick Fredericton. Besoek op 9 Oktober 2017.
  2. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Davis
  3. Brown, Alan L. "Discovery of the Sudbury Nickel Deposits". Ontario's Historical Plaques. Besoek op 12 Mei 2018.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne