Suid-Amerika
Oppervlakte | 17 840 000 km² (4de) |
---|---|
Bevolking | 385 742 554 (2011, 5de) |
Bevolkingsdigtheid | 21,4/km² |
Lande | 12 |
Afhanklike gebiede | 3 |
Tale | Spaans, Portugees, Engels, Frans, Nederlands, Quechua, Aymara, Guaraní, Papiaments en verskeie ander |
Tydsones | UTC-2 (Brasilië) tot UTC-5 (Ecuador) |
Grootste stede | ![]() ![]() ![]() ![]() ![]() ![]() ![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
30° (Suid-Amerika) |
Suid-Amerika is 'n kontinent in die Westelike Halfrond van die Aarde met meeste van sy gebied in die Suidelike Halfrond. Die kontinent lê tussen die Stille Oseaan (in die weste) en die Atlantiese Oseaan (in die ooste). Die Andesgebergtes loop langs die westekant van die kontinent af. Die gebied oos van die Andes is hoofsaaklik tropiese reënwoude met die Amasonerivier wat deur die noordelike kant van Suid-Amerika, net suid van die ewenaar, vloei.