Swahili Kiswahili | ||
---|---|---|
Gepraat in: | ![]() ![]() ![]() ![]() ![]() ![]() ![]() ![]() ![]() ![]() ![]() ![]() ![]() ![]() | |
Gebied: | Oos-Afrika | |
Totale sprekers: | 5 (2007) tot 16 miljoen (moedertaal, 2012)[1] 150+ miljoen (tweede taal)[2] | |
Taalfamilie: | Niger-Kongo Atlanties-Kongo Volta-Kongo Benue-Kongo Bantoid Suidelike Bantoid Bantoetale Noordoos-Kus-Bantoe Sabaki Swahili | |
Skrifstelsel: | Latynse alfabet Arabiese alfabet | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | ![]() ![]() ![]() ![]() ![]() ![]() ![]() ![]() ![]() | |
Gereguleer deur: | Baraza la Kiswahili la Taifa (Tanzanië) Chama cha Kiswahili cha Taifa (Kenia) | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | sw
| |
ISO 639-2: | swa
| |
ISO 639-3: | swa
| |
![]() | ||
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Swahili (Kiswahili of kiSwahili, [kiswɑˈhili], Swahili-volk") is 'n taal wat gepraat word in Oos-Afrika en behoort tot die Bantoetaalfamilie. Meer as 150 miljoen mense praat Swahili, maar slegs 5–15 miljoen hiervan is moedertaalsprekers.[5] Swahili is ná Arabies, Frans en Engels die belangrikste taal in Afrika. Die naam Swahili is afgelei van Arabies سواحل Sawāhil wat "kuste" beteken en na die geografiese verspreiding verwys. Die term "Swahilikus" is as 't ware 'n pleonasme, aangesien dit letterlik "kustekus" beteken.
, letterlik: "taal van dieKusgebiede met Swahili as inheemse taal, tuiste van die Swahili-volk (Swahilikus)
amptelike of nasionale taal
omgangstaal
Swahili het 'n lingua franca geword in groot dele van Oos-Afrika rondom die Groot Mere van Afrika en die Demokratiese Republiek die Kongo.[6][7][8][9] Dit is 'n amptelike taal van Kenia, die Demokratiese Republiek die Kongo, Rwanda, Suid-Soedan, Tanzanië en Uganda, asook die Afrika-unie[10] en die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap.[11][12] Daarbenewens dien Swahili as lingua franca van die Oos-Afrikaanse Gemeenskap.[13]
Swahili word by die groot universiteite van die wêreld aangebied, en verskeie media-organisasies het programme in Swahili. Dit bevat leenwoorde uit Arabies en Persies.[14] Swahili word in óf die Latynse óf die Arabiese alfabet geskryf. Hakuna matata uit die 1994-rolprent The Lion King is waarskynlik een van die bekendste Swahili-frases en beteken "geen bekommernisse nie" of "geen probleem nie".