Tipulidae

Tipulidae
Wetenskaplike klassifikasie e
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Filum: Arthropoda
Klas: Insecta
Orde: Diptera
Suborde: Nematocera
Infraorde: Tipulomorpha
Superfamilie: Tipuloidea
Familie: Tipulidae
Latreille, 1802
Subfamilies

Die langpootmuggies (Tipulidae) is 'n familie van insekte wat tot die orde Diptera (tweevlerkiges) hoort. Die spesies in die familie is tussen 10 -15 mm groot. Die familie is muskietagtige muggies met baie lang pote. Die mannetjies vorm paringswerms. Die larwes leef van organiese plantafval in die water en vogtige plekke. Die volwassenes is oorwegend nagvlieënd. Die familie kan maklik met Culicidae verwar word maar is veel groter en die steek-suigende monddele van muskiete ontbreek. Die langpootmuggies lig ook nie hulle agterpote soos muskiete wanneer hulle gaan sit nie.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne